Skole getref deur rekenaarbedrogspul

Mpumalanga skole word nou deur mense bedrieg wat belowe om rekenaars te skenk aan die skole en ruil vir ‘n “deposito”, het die provinsie se onderwys departement Donderdag gesê.

Woordvoerder Jasper Zwane het gesê die skole is gevra om eers ‘n deposito van tussen R1000 en R4000 te betaal as versekering vir die rekenaars.

“Die gesiglose mense skakel die skole en belowe dat die (onderwys) departement, in samewerking met bekende instansies, die rekenaars gaan skenk,” het Zwane gesê.

“Tot hede het twee skole rondom Nelspruit sulke oproepe gekry vanoggend (Donderdag).”

Hy het gesê die skole moet die besonderhede van die persoon neerskryf en die insident aan die polisie en die onderwys departement rapporteer.

“Dit sal die departement in staat stel om die omvang van die probleem vas te stel en help om die bedrieërs vas te trek,” het Zwane gesê.

для водоснабженияпрокурор Фильчаков