Die Johannesburgse nooddienste sal ’n formele klag ondersoek wat hulle ontvang het nadat ’n vrou glo behandeling geweier is omdat sy “te vuil was”.
Die vrou is Vrydag dood.
Robert Mulaudzi, woordvoerder vir die Johannesburgse nooddienste, het in ’n verklaring gesê: “Hierdie aantyging word baie ernstig opgeneem en die [nooddiensbestuur] sal enige formele klag van die familie ondersoek en die nodige dissiplinêre stappe neem indien bevind word dat daar verkeerd opgetree is.”
Die Daily Sun het Maandag berig dat ambulanswerkers na bewering geweier het om die vrou, Sarah Bezuidenhout, hospitaal toe te neem omdat sy glo te vuil was.
Dit is nie bekend wat die oorsaak van haar dood was nie.
In ‘n soortegelyke geval het omstanders vroeër die nooddiens geskakel oor ‘n sterwende boemelaar. Die nooddienste wou hom nie in die ambulans laai nie en hom daar gelaat dat hy sterf nadat hulle hom ondersoek het.
Die optrede van die ambulanspersoneel is glo op veiligheidskameras opgeneem.
