Die Johannesburgse nooddienste sal ’n formele klag ondersoek wat hulle ontvang het nadat ’n vrou glo behandeling geweier is omdat sy “te vuil was”.
Die vrou is Vrydag dood.
Robert Mulaudzi, woordvoerder vir die Johannesburgse nooddienste, het in ’n verklaring gesê: “Hierdie aantyging word baie ernstig opgeneem en die [nooddiensbestuur] sal enige formele klag van die familie ondersoek en die nodige dissiplinêre stappe neem indien bevind word dat daar verkeerd opgetree is.”
Die Daily Sun het Maandag berig dat ambulanswerkers na bewering geweier het om die vrou, Sarah Bezuidenhout, hospitaal toe te neem omdat sy glo te vuil was.
Dit is nie bekend wat die oorsaak van haar dood was nie.
In ‘n soortegelyke geval het omstanders vroeër die nooddiens geskakel oor ‘n sterwende boemelaar. Die nooddienste wou hom nie in die ambulans laai nie en hom daar gelaat dat hy sterf nadat hulle hom ondersoek het.
Die optrede van die ambulanspersoneel is glo op veiligheidskameras opgeneem.

Dit is mos wraggies ONAANVAARBAAR !
Was die vrou ‘n boemelaar ?
Al sou sy een wees Trippie, hul gedrag bly onaanvaarbaar.
Wat is die ergste n vuil vrou of n nog vuiler ambulans en hospitaal en ANC hospitaal personeel wat nie eens hulle hande was nie?
HALLELUJAH!!!!!
Se ek ook!
Ek dink dit moet erg wees, die arme vrou, maak nie saak of jy skoon of vuil is nie, ek glo nie sy het daarvoor gevra nie!
Welkom terug Bolliekie.
Dankie Trippie, wasbietjie met verlof, so 7 weke, bly om te sien, julle hou nog praag aan die gang….!
Die vrou het die verkeerde naam gehad. Dr. Annemarie Horn, hoof van die Hoërskool Wordsworth in Benoni is glo geskors omdat sy van die swart meisies na bewering vuil en vet genoem het. As die oorledene se naam Sissie Matwetwe was is sy dalk opgelaai maar dit is buitendien te betwyfel of sy die “behandeling” in daai hospitale sou oorlewe het. Die les hier is, jy kan maar vuil skool toe gaan, moet net nie siek word nie.
Goeiste! As sy regtig so vuil was, kon die verpleegsters haar mos gebad het. Niemand verdien om só te sterf nie.
Uit die oorlede se naam en van maak ek die gevolgtrekking dat dit een van ons mense was. Maar ons moenie te veel lawaai opskop nie, netnou steur ons die wat voor die TV sit en rugby kyk.
Ek waardeer dit opreg dat u met respek van die ontslapende praat. Baie dankie daarvoor.
Die wyse waarop die ANC “ongelykheid” ophef is soortgelyk aan die wyse waarop Robert Mugabe hongersnood wil ophef!