Drie mense, na bewering EFF lede, is in hegtenis geneem nadat betogers Vrydag ontlasting by Sanlam se hoofkantoor in Bellville, Kaapstad, uitgegooi het.
“Omstreeks 10:30 het ‘n groep van sowat 20 tot 30 mense, met rooi barette en na bewering lede van die Ekonomiese Freedom Fighters, by ons hoofontvangs opgedaag,” het Sanlam se woordvoerder Ainsley Moos gesê.
Die groep het bande en houers vol ontlasting by die ingang na die ontvangs area neergesit.
Personeel het die polisie gebel en toe die groep probeer het om die houers leeg te maak het ‘n onderonsie uitgebreek tussen die EFF-lede en die polisie.
Kaptein Frederick van Wyk het gesê die polisie het opgedaag en aan die groep gesê dat hul protes onwettig is.
“Hulle is gevra om die gebied te verlaat … Hulle het begin om die ontlasting uit te giet op die grond en dit na die Sanlam-gebou te gooi.”
Twee mense is in hegtenis geneem.
“Een betoger het ‘n polisiebeampte aangeval en probeer om die aangehoudenes in die polisievoertuig te red. Hierdie persoon is ook in hegtenis geneem op aanklag van aanranding op ‘n polisiebeampte.”
Die drie sal binnekort in die hof verskyn.
Van Wyk het gesê drie houers ontlasting is na die polisiestasie geneem.
Moos het gesê die protes het te doen gehad met iemand in diens van Sanlam wie se kontrak onlangs beëindig is.
Kaapstad is getref deur ‘n aantal van ontlastingstortingsvoorvalle in die afgelope maande. In die meeste van die vorige gevalle was die betrokke protes oor sanitasie in informele nedersettings. – Sapa
