praag.co.za

EFF stort ontlasting voor Sanlam se deur

Written by

in

,

sanlamDrie mense, na bewering EFF lede, is in hegtenis geneem nadat betogers Vrydag ontlasting by Sanlam se hoofkantoor in Bellville, Kaapstad, uitgegooi het.

“Omstreeks 10:30 het ‘n groep van sowat 20 tot 30 mense, met rooi barette en na bewering lede van die Ekonomiese Freedom Fighters, by ons hoofontvangs opgedaag,” het Sanlam se woordvoerder Ainsley Moos gesê.

Die groep het bande en houers vol ontlasting by die ingang na die ontvangs area neergesit.

Personeel het die polisie gebel en toe die groep probeer het om die houers leeg te maak het ‘n onderonsie uitgebreek tussen die EFF-lede en die polisie.

Kaptein Frederick van Wyk het gesê die polisie het opgedaag en aan die groep gesê dat hul protes onwettig is.

“Hulle is gevra om die gebied te verlaat … Hulle het begin om die ontlasting uit te giet op die grond en dit na die Sanlam-gebou te gooi.”

Twee mense is in hegtenis geneem.

“Een betoger het ‘n polisiebeampte aangeval en probeer om die aangehoudenes in die polisievoertuig te red. Hierdie persoon is ook in hegtenis geneem op aanklag van aanranding op ‘n polisiebeampte.”

Die drie sal binnekort in die hof verskyn.

Van Wyk het gesê drie houers ontlasting is na die polisiestasie geneem.

Moos het gesê die protes het te doen gehad met iemand in diens van Sanlam wie se kontrak onlangs beëindig is.

Kaapstad is getref deur ‘n aantal van ontlastingstortingsvoorvalle in die afgelope maande. In die meeste van die vorige gevalle was die betrokke protes oor sanitasie in informele nedersettings. – Sapa

Comments

20 responses to “EFF stort ontlasting voor Sanlam se deur”

  1. Rooikop Avatar
    Rooikop

    Die ontlasting is gepas vir hoe my beleggins by hulle vaar. Omdat dit enkelpremie anuiteite was kan ek dit net daar uitkry deur nog verdere verliese te lei.
    Sanlam se besturende direkteur is ‘n groot ANC boetie wat mos vroeër rektor by UP was. Nodeloos om te sê ek mors nie verder geld by hulle nie.

    Ek het polisse gehad wat ek opbetaald gemaak het en na drie maande kon Sanlam dit nie regkry om die debietorder te kanselleer nie. Ek dreig toe met ‘n diefstalaanklag en toe kan hulle dit binne 24 uur uitsorteer.

  2. Kalium_Chloraat Avatar
    Kalium_Chloraat

    Ek sien Madam & Eve verwys na hulle as die Poo Fighters.

  3. Willy Avatar
    Willy

    Hooligans in die EFF en dan sien ek party wittes natuurlik liberalise “pose” saam met die lot op ‘n foto! Soort soek seker maar soort. Hoe word daar nou weer gesê? Meng jou met die semels, dan vreet die varke jou.

  4. Willy Avatar
    Willy

    Liberaliste wat skuiling soek by die EFF gaan miskien so opeindig.

    1. Schavuit Avatar
      Schavuit

      ?? Die EFF het niks met liberalisme te doen nie. Dit is net so vermoeiend om te lees as die geskreeuwery rondom sosgenoemde ‘rassisme’ op liberale fora.

      1. Willy Avatar
        Willy

        Duidelik het jy nog nie foto’s gesien nie.

        1. Schavuit Avatar
          Schavuit

          Wys my gerus. 😉

          1. Willy Avatar
            Willy

            Snuffel dit gerus vir jouself uit soos wat ek gedoen het.
            Toe, snoet op die grond, daar gaan jy!

          2. Schavuit Avatar
            Schavuit

            Maar meneer, hoekom moet ek gaan snuffel terwyl jy met die bewerings kom. Dis nie hoe dit werk nie ;).

            My punt is, ek word nogal moeg van daai konstante en meestal irrelevante gepraat oor ‘liberale, libtards etc’ net soos ek moeg raak van daai konstante gehuil oor ‘regses’ en ‘rassisme’ van die ‘ander kant’. Kom ons verlaag onsself nie tot dit.

            Ek sal dit ook reelmatig herhaal :).

          3. Willy Avatar
            Willy

            Toe toe toe op van die rusbank en soek bietjie! As van ons dit kan doen, kan jy ook.
            Oop met die mondjie, hier kom die vliegtuigie. Gou gou met die lepel voer. ‘n Wenk. Daardie foto wat ek van praat was op Praag geplaas. Kyk so van bladsy sewe se kant af.
            Ek gee nou werklik niks om wat jou moeg maak of nie. Dit skeel my min ;~)}
            NS. My mannetjie het tog meer detail as joune!
            Moet net nie die “ascii codes” vra nie, google dit. Moet net nie te moeg raak nie hoor!

          4. Schavuit Avatar
            Schavuit

            Jy klink nou soos ‘n lib.

            😉

          5. Willy Avatar
            Willy

            ‘n Regse een.
            NS. Jou mannetjie lyk khak! Probeer weer of verwag jy ek moet tot jou redding kom. Dink weer!

      2. Eric Bornman Avatar
        Eric Bornman

        EFF word befonds deur Liberaliste

  5. Boerewitman1 Avatar
    Boerewitman1

    Die tragiese is, is dat hierdie karakters hulself as beskaafd beskou. As ek dus ‘n nuwe definisie mag maak ten opsigte van beskaafd, sou dit wees. Word ‘n gewetenlose, gevoellose, vieslik vuil, lae intelligensie, natuurlik ‘n zero IK, veragtelike ding. Jy kan nie eens sê dier nie. Want nie eens ‘n dier voldoen aan die vereistes nie, hy styg bo dit uit.
    Om dan ‘n beskrywing te gee vir die tipe karakter. Gemors, laer as die wat op die see bodem lê.

  6. Gas Avatar
    Gas

    Ook ‘n Afrikanerorganisasie wat deur ons ouers se sente opgebou is en nou deur die Mose en kie afgevat is. Al my polisse afgekoop – was tog niks werd nie. Het darem uitgekry wat ek inbetaal het. Hulle kan maar poo gooi wat my aanbetref. Dis wat ek ook van die huidige Sanlam dink.

  7. leana Avatar
    leana

    Begin al klaar str*nt (leeg) maak daar waar hul gaan…

    1. Seg Avatar
      Seg

      Leana jou held Daniel Maartins het seker die R150,000 aan hulle geskenk om hom saam uit te gooi.
      Het Praag darem dankie geseg? Wat seg jou betroubare bron?

  8. jas stegmann Avatar
    jas stegmann

    Eintlik niks snaaks nie. Sanlam dinges al lankal op sy eie voorstoep.

    1. Matt Heyns Avatar
      Matt Heyns

      Sanlam het ons skatryk gemaak. Kyk Adeia – A Luxury Crewed Catamaran in the British Virgin Islands. Kyk: http://www.yachta2.com/

  9. Eric Bornman Avatar
    Eric Bornman

    Hoop Rupert/Rotschild se wynlandgoed is ook op die EFF lys van oorname, …sien dat hulle se families die befondsing van die RSA se val goedgesind was.

Leave a Reply