Dié twee is onderskeidelik voorsitter en ondervoorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor sport. Die stelling het gekom nadat Frolick op ’n vergadering van die komitee aan die stadsbestuurder van die eThekwini-metroraad, Mike Sutcliffe, gevra het aan wie die Absa-stadion in Durban behoort.
Sutcliffe het gesê die Absa-stadion behoort aan die metroraad. Die raad het ’n huurkontrak van 55 jaar met die KwaZulu-Natalse Rugby-unie, maar wil hê die unie moet van die Absa- na die nuwe Moses Mabhida-stadion skuif wat in 2010 gereed sal wees.
Die unie is nie te vinde vir die gedagte nie, maar Sutcliffe het gesê hy glo hulle sal uiteindelik gedwing word om te trek.
Volgens Frolick is rugby is “rassisties” en ’n “misdadigersport". Hy het die Afrikaanse media daarvan beskuldig dat hulle net oor rugby verlag doen.
Frolick sê rassistiese aanvalle tydens die Curriebeker-eindstryd in die Absa-stadion het hom laat besef dat sekere stadions vir rugby is en ander stadions vir ander sportsoorte.

Butana Komphela en Cedric Frolick sê hulle gaan alle stadions van rugby wegneem en niks gaan hulle keer nie.