Rower doodgeskiet in KwaZulu-Natal

‘n Man wat vermoedelik ‘n rower was is doodgeskiet in ‘n argument met twee mans in Kwa-Mbonambi, KwaZulu-Natal, het polisie Donderdag gesê.

Kaptein Jabulani Mdletshe het gesê daar was Woensdag ‘n woordewisseling tussen 3 mense by ‘n reservaat by Kwa- Mbonambi in Laer Unfolozi.

“Hy is in die bors en arm geskiet en is op die toneel dood,” het Mdletshe gesê.

Die twee ander mans het weggehardloop en geen arrestasies is gemaak nie.

Polisie het gesê die slagoffer is verbind aan verskeie inbrake in die gebied asook ‘n geval van poging tot moord.

Dit is nie duidelik waaroor die argument gegaan het en of die ander twee mans medepligtiges was in van die misdade nie.

хамамаtopcargo кидалы