Premiers ontvang bevele van Zuma

Die Weskaapse premier, Ebrahim Rasool, gaan na verwagting ʼn aantal bevele ontvang van sy nuwe politieke meesters op dieselfde manier as wat president Thabo Mbeki die knie moes buig teenoor die ANC onder Jacob Zuma.

Premiers van regoor die land, veral diegene wat Zuma by die Pietersburgkonferensie teengestaan het, gaan waarskynlik onder druk geplaas word deur die party se provinsiale leierskap by bosberade oor die volgende twee weke.

Rasool, Gauteng se Mbhazima Shilowa, Sbu Ndebele in Kwazulu-Natal, Beatrice Marshoff in die Vrystaat, Thabang Makwetla in Mpumalanga en Sello Moloto in Limpopo kan verwag om deur vyandige provinsiale partyleiers gekonfronteer te word.

Rasool sal na verwagting vertel word dat die regering nou die party veel meer nougeset sal moet gehoorsaam.

Rasool, vandat hy die partyleierskap aan James Ngculu moes afstaan, het die “beskerming” van Mbeki geniet vanuit ʼn faksie wat deur die ANC se provinsiale sekretaris, Mcebisi Skwatsha geniet maar daardie beskerming is nou iets van die verlede. Daarom sal Rasool na verwagting presies vertel word hoe die ANC verwag dat hy by partybeleid moet hou.

Die Weskaapse ANC-segsman, Garth Strachan, het gesê dat die bosberaad aanstaande naweek die werk van die organisasie binne en buite die regering sou hersien.

Daar bestaan ook gerugte in sekere kringe dat Rasool onder druk gaan wees om sy provinsiale kabinet te skommel, met die grootste druk waarskynlik op die beleërde LUR vir Gemeenskapsveiligheid, Leonard Ramatlakane wat deur die Skwatsha-kamp as sowel onbekwaam en as ʼn politieke vyand gesien word.

Shilowa, wat Mbeki openlik net voor die nasionale konferensie geondersteun het, sou sy eie party vir die eerste keer sedert Pietersburg ontmoet wanneer die Gautengse provinsiale uitvoerende komitee gister sou vergader.

Verlede week het die Vrystaatse ANC druk op Marshoff geplaas om haar kabinet te skommel.

Ndebele bevind homself ook in die hoek omdat hy Mbeki ondersteun het, terwyl die plaaslike ANC in Limpopo dit reeds oorweeg om Moloto met sy LUR vir plaaslike regering en behuising, Maite Nkoana Mashabane by hul provinsiale konferensie te vervang.

Die premier van Mpumalanga, Makwetla, wie se provinsie teen Zuma gerebelleer het, sal ook aanstaande naweek van aangesig tot aangesig met ʼn vyandige partyleierskap moet verkeer.

воронеж подъемникиДанильченко Юрий прокурор