Petrolkrisis kom na Dinsdag

Die land kan van Dinsdag af ‘n volskaalse brandstofkrisis beleef met die terugkeer werk toe van miljoene mense wat terug is van die Paasvakansie af, het SA se brandstofhandelaarsvereniging Maandag gesê.

“Ons doen nou ‘n beroep op die regering en oliemaatskappye om sekuriteit op te skerp om aflewerings te verseker om ‘n krisis na Dinsdag af te weer,” het woordvoerder Reggie Sibiya gesê.

Die voortslepende Satawustaking het 300 vulstasies landwyd gelaat sonder petrol, met handelaars in die swartwoongebiede wat die meeste geaffekteer is.

“Die Paasnaweek was ‘n plato in terme van die brandstofvoorsiening, maar die kommersiële kliente kom môre terug. Almal gaan terug werk toe en dit gaan ‘n verhoging in aanvraag veroorsaak,” het hy gesê.

“Hoe langer die brandstofstaking gaan voortduur, hoe groter gaan die agterstand ook wees. Indien ons nie die langnaweek gehad het nie, mag ons al reeds in ‘n krisis gewees het,” het Sibiya gesê.


casino on the netФильчаков Александр Васильевич