Man oorleef panga-aanval in Witbank

pangaFrik Bodenstein en sy swart werker is op myngrond in die Zaaihoek-omgewing naby Witbank (eMalahleni) met pangas aangerand en beroof.

Die 58-jarige Bodenstein het die voorval oorleef.

Bodenstein is met ernstige beserings in die Kosmos-hospitaal in Witbank opgeneem. Sy neus is gebreek en sy skedel is gekraak in die aanval.

Bodenstein het by die houtskoolkampe op myngrond agtergekom ’n hek wat gewoonlik oopstaan, is toegemaak.

Die toe hek was ‘n lokval want nadat hy uit die bakkie geklim het om die hek oop te maak, is hy deur swartes oorval en oor die kop geslaan

Bodenstein sê vier swartes het hom aanhoudend geslaan en geskop toe hy op die grond val. Hy het sy bewussyn kort-kort verloor na die aanval voordat hulp opgedaag het.

Een van sy werkers is ook geslaan, maar die aard van sy beserings is nie bekend nie. Dit wil voorkom asof die swart werker nie erg beseer is in die aanval nie.

Die swart aanvallers het Bodenstein se selfoon, bankkaart en bakkie gesteel nadat die twee vasgebind is.

Twee sake van aanranding en motorkaping is by die Witbank-polisiekantoor aanhangig gemaak.