'n Noord-Kaapse vrou is vermoor in 'n plaasaanval en haar vriend is later dood nadat hy gyselaar gehou is in 'n voertuig wat die diewe gesteel het en later mee gebots het, het polisie Woensdag gesê.
Kaptein Cherelle Ehlers het gesê drie mans het ingebreek in die huis op 'n plaas in Brandvlei en die paar se huishoudster aangerand.
Toe die paar omtrent 17:00 by die huis kom, het die rowers te voorskyn gekom en die boer se vriendin, Loudine van Blerk doodgeskiet.
Hulle het die boer, Willouw De Klerk Cilliers en die huishoudster, wie se naam nie onmiddellik bekend is nie, vasgemaak.
Hulle is in die boer se Toyota Corolla geboender maar gedurende 'n wilde jaagtog naby Williston het die boosdoeners beheer oor die voertuig verloor en dit laat rol.
Terwyl 2 rowers waggehou het oor die boer en die huishoudster het die derde rower terug gegaan na die plaas en die boer se Toyota Hilux bakkie gesteel.
Hy het dit terugbestuur na sy medepligtiges en hulle gevangenes en hulle het weer verder gery.
Hulle het daarna met die bakkie gebots en Cilliers is op die toneel dood aan sy wonde.
Polisie het later van Blerk se lewelose liggaam in die huis aangetref.
By die huis het hulle die derde rower gearresteer.
Verskeie vuurwapens is gevind in beide voertuie, by 'n dam in die omgewing en in die plaashuis.
