Obama verleng Zim-sanksies

President Barack Obama het Woensdag gesê dat hy die bestaande Zimbabwe-sanksies vir een jaar gaan verleng, op grond van die erge politieke krisis wat die land lamlê wat steeds onopgelos is.

“Ek gaan die nasionale noodtoestand vir ‘n jaar verleng, vanweë die aksies en politieke onsekerhede van die regering van Zimbabwe,” het Obama in ‘n verklaring gesê.

Volgens Amerikaanse wetgewing moet Obama die kongres teen Vrydag laat weet het dat hy beoog het om voort te gaan met die sanksies teen sekere lede van Mugabe se regering, anders sou dit verval.

“Die krisis wat veroorsaak is deur die aksies en beleide van sekere lede van die regering van Zimbabwe en ander persone om Zimbabwe se demokratiese prosesse en instansies te ondermyn is nie opgelos nie,” het hy in ‘n aparte boodskap aan die kongres gesê.

“Daardie aksies en beleide is ‘n voortdurende en buitengewone bedreiging vir die buitelandse beleid van Amerika.”

“Vir daardie redes het ek besluit dit is nodig om voort te gaan met hierdie nasionale noodtoestand en om die sanksies in plek te hou teen hierdie bedreiging.”

new young fashonтопкарго отзывы