Semenya het nie vroulike geslagsorgane nie, net testikels

Die wêreld 800m-kampioen, Caster Semenya, het volgens berigte in die Daily Telegraph nie ‘n baarmoeder of eierstokke nie. Die Australiese koerant het ‘n anonieme bron aangehaal wat kennis dra van Semenya se geslagstoetse.

Die Telegraph sê ’n goed ingeligte bron na aan die IAAF se ondersoek sê daar is bewyse dat Semenya hermafrodities of tweeslagtig is.

Toetse het ook gewys dat Semenya interne testikels het wat testosteroon vervaardig wat mag verklaar waarom sy drie keer meer testosteroon as ander vroue-atlete kon toon.

Semenya sal die media Saterdag by die Universiteit van Pretoria se High Performance Centre toespreek. Atletiek Suid-Afrika reël die konferensie.

Die president van ASA, Leonard Chuene, het aan eNews gesê: “Hierdie is ‘n kwaadwillige agenda wat daarop gemik is om ‘n klein meisie te vernietig."

Die IAAF wou nie kommentaar op die koerant se bewerings oor Semenya se gebrek aan vroulike geslagsorgane lewer nie, het Sapa laat Donderdagnag berig.

’n Woordvoerder vir die atletiekliggaam, Nick Davies, het bevestig dat die IAAF Semenya se toetsuitslae ontvang het. Hy wou nie die uitslae bespreek nie aangesien die bevindinge eers deur kenners ondersoek moet word. Dit kan etlike weke neem, het hy gesê.

карданный светильник фотоФильчаков прокурор харькова