Palestynse betogers het Dinsdag brandende motorbande opgestapel tydens ’n betoging teen die onteiening van Palestynse grond, het AFP berig.
Die stuk grond is deur Israel in die Kafr Qaddum-nedersetting naby Nablus in die besette Wesoewer-gebied teruggevat.
Onderhandelinge tussen Israel en Palestina om ’n blywende skikking oor Gaza te bereik, sal eers na die middel van November hervat word.
Dit was aanvanklik vir Dinsdag geskeduleer.
Die VN Veiligheidsraad sal nog dié week ‘n noodvergadering hou oor die spanning tussen Israel en die Palestyne in Oos-Jerusalem as gevolg van Israel se plan om meer nedersettings te bou.
Die vergadering is geskeduleer vir Woensdagmiddag, in reaksie op ‘n versoek deur Jordanië aan Argentinië se VN-ambassadeur Maria Cristina Perceval, roterende voorsitter van Veiligheidsraad hierdie maand.
Jordanië, die enigste Arabiese land op die raad van 15 lande, het Palestynse klagtes oor die gevaarlik stygende spanning in Oos-Jerusalem geopper.
Die e-posversoek is gesien deur Reuters.
