Al hoe meer Suid-Afrikaners kanselleer hul motorversekering na aanleiding van die hoër brandstofprys.
‘n Versekeringskenner, Christelle Fourie waarsku egter dat dit nie wys is nie, aangesien ‘n motor een van die grootste bates is wat ‘n mens besit.
Sy sê mense moet eerder probeer om hul premies te verlaag.
Na haar raming is meer as 70 persent van die motors op Suid-Afrikaanse paaie sonder versekering. – RSG
