Clive Anthony Bowers, 60, is in sy huis naby Witrivier in Mpumalanga doodgeskiet.
Brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie, het gesê Bowers en sy vrou het Dinsdagaand van ‘n geluid in die huis wakker geword op die Bundu Wildlife-landgoed.
Volgens Mohlala was die aanvallers reeds in die huis en het hulle Bowers doodgeskiet.
Die moordenaars het met ‘n televisiestel en selfone gevlug. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie, maar die aanvallers was vermoedelik swart.
