Matrieks beseer in eksamengeweld

Twee matriekleerders aan die Lagunya Finishing School in die Wes-Kaap is beseer nadat hulle deur rubberkoeëls getref is.

Die polisie het rubberkoeëls gebruik om ‘n groep ontstoke betogers wat die matriekeksamen by die Langa Sekondêre Skool ontwrig het, in bedwang te bring.

“Dit het erg geraak. Volgens inligting wat van die distrik ontvang is, is twee leerlinge in die geweld beseer. Polisie moes rubberkoeëls gebruik om die groep in bedwang te bring,” het Bronagh Casey, ‘n woordvoerder van die departement van onderwys gesê.

Polisie kon nie die beserings bevestig nie.

“Ons wag nog vir die Langa polisie om ‘n verslag aan ons te gee, maar ons is besig om ondersoek te doen,” het kapt. Nomathemba Muavha gesê.

Die groep het Donderdagoggend na Langa Primêre Skool betoog terwyl matrikulante hul Engelse vraestel geskryf het. Hulle het die klaskamer binnegedring.

“Daar is skade aan die skool. Die leerders sal in ‘n latere stadium dié vraestel moet oorskryf,” het Casey gesê.

Chaos het losgebars oor die departement van onderwys se besluit om moontlik die Lagunya Finishing School te sluit, aangesien die huidige model vir skole in die land nie voorsorg tref vir die bestuur van afrondingskole nie.

Casey het gesê die openbare konsultasieproses oor ‘n besluit om dié skool te sluit is nog nie gefinaliseer nie en dat geen besluit nog geneem is nie.

Talle ander skole, waaronder Kulani Sekondêre Skool, is ook deur dié betoging ontwrig.

Die polisie het die groep betogers toegang tot die skool geweier.

Dié groep het ook probeer om die matriekeksamen by die Ikamvalethu Sekondêre Skool en die Isilimela Sekondêre Skool te ontwrig.

“Die LUR het ‘n beroep gedoen op alle partye wat geraak is om beheersing uit te oefen en om dit te vermy om met opset emosies rondom die Lagunya kwessie op te stook om politieke punte te wen,” het Casey gesê.

 

камин в частном домелобановский класс харьков