Mandela slagoffer van internetbedrog

Nelson Mandela het onlangs die slagoffer van internetbedrog geword.

Die uitvoerende hoof, Achmat Dangor, het gewaarsku dat 'n knoeispul in die naam van die Nelson Mandela Stigting gepleeg word.

Volgens die Stigting skakel bedrieërs mense om hulle te vertel hulle is die gelukkige pryswenners van 'n Nelson Mandela Stigting 46664 Sertifikaattoekenning.

Dit gee hulle glo toegang tot prysgeld ter waarde van 100 000 pond en 'n uitnodiging na Mandela se 91ste verjaarsdag volgende jaar.

Maar om die prys te ontvang moet 'n registrasiefooi van 450 pond inbetaal word.

Dangor sê die Stigting en 46664 wil die publiek waarsku dat dit 'n bedrogspul is en het ten sterkste ontken dat die Stigting daarby betrokke is.

бра lightstar pezzo 801610topcargo развод