'n Man is Maandagaand in die bors geskiet gedurende 'n rooftog in sy huis in Lonehill, Johannesburg, het paramedici gesê.
Vier mens het na bewering die man se huis in 'n meenthuis kompleks in Concourse drive binnegekom deur die balkon en hom en sy vrou met vuurwapens aangehou omstreeks 10 uur die aand, het woordvoerder vir ER24 Werner Vermaak gesê.
Die man, wat in sy 50's is, is in 'n kritieke toestand hospitaal toe geneem na die voorval. Sy vrou is nie beseer nie.
'n Sekuriteitsmaatskappy het een van die vermeende rowers in 'n straat daar naby gevang.
