Man dood in Alexandra-rooftog

'n Man is dood en twee ander, insluitend 'n polisiereservis is gewond in'n skietgeveg na 'n rooftog in Alexandra Dinsdagaand, het polisie gesê.

Inspekteur Moses Maphakela het gesê die reservis is geskiet nadat hy teen die vier mans vasgeloop het wat 'n slaghuis by die Pan Africa inkopiesentrum beroof het.

"Vier gewapende mans het die slaghuis teen 5 uur die middag binnegegaan, wapens op die kassiere gerig en almal beveel om op die grond te gaan lê," het Maphakela gesê.

Toe almal gelê het, het die rowers drie kasregisters leeggemaak in plastieksakke en die slaghuis verlaat. Op pad uit het hulle "waarskuwingskote geskiet om die mense uit die pad te kry."

"Dit was toe wat 'n reservis van die Alexandra polisiestasie wat op patrollie was n die omgewing hulle gesien het. Hulle het op hom geskiet toe hulle besef dat hy hulle raakgesien het en 'n geveg het uitgebreek."

Gedurende die onderonsie is een van die rowers doodgeskiet terwyl die polisiereservis en een van die mense by die winkels beide in die been geskiet is.

"Paramedici het die rower dood verklaar met hulle aankoms, waarna die reservis en die ander persoon na die hospitaal geneem is," het hy gesê.

Polisie wat na die toneel geroep is het 'n rewolwer van die dooie rower gekonfiskeer.

Die ander drie mans is steeds op vrye voet na hulle gevlug het met die gesteelde geld, het Maphakela gesê. 

для сауныФильчаков