Malema ‘beheer’ Zuma

Image

Julius Malema

Zuma het die tienduisende ANC-ondersteuners in die Katlehong-stadion toegespreek oor op die rol van die nuwe Nasionale Jeugontwikkelingsagentskap, wat gister amptelik bekend gemaak is. Hy was die hoofspreker by die Jeugdag-vieringe aan die Oos-Rand.

Die agentskap beoog om armoedeverligting, landelike ontwikkeling, dwelm- en alkoholmisbruik en die stryd teen misdaad aan te pak, het die president gesê.

“Die regering gaan in die volgende vyf jaar opvoeding vooropstel – dit gaan een van die ANC se belangrikste take wees om ’n omgewing te skep waarin vaardighede ontwikkel kan word en jong mense ekonomies aktief kan raak.

“Ek herbevestig op hierdie dag dat ons die stemme van ons jong mense in nood gehoor het. Ons weet van die werklose jong mense . . . wat op ’n baan van botsing met die gereg verkeer. Ons weet van die mense in nood in ons lokasies en op die platteland. Daarom gaan die opheffing van die jeug vir ons regering van die grootste belang wees.”

Julius Malema, wat ook gepraat het, het ’n beroep op die skare gedoen om aktivisties te wees, veral in die stryd teen misdaad en MIV/vigs. “Gebruik jul burgerlike arrestasieregte om die misdadigers vas te trek. En onthou om rond te slaap is selfmoord. Jul leuse moet ‘een kêrel, een meisie’ wees.”

Malema het weer kritiek teen Zuma se teenstanders uitgespreek tot groot vermaak van die skare. Hy het die jeug verseker dat hulle die president "beheer" en die besluit oor sy ampstermyn sal fel.

italiasvetЛобановский