Maak Donen-verslag bekend, vra Willie Spies

06:01:07 Die tyd is nou ryp vir President Kgalema Motlanthe om die verslag van die Donen-kommissie van ondersoek wat reeds in Desember 2006 aan oud-president Thabo Mbeki oorhandig is, bekend te maak.

Die VF Plus se woordvoerder oor Minerale en Energie, mnr Willie Spies, het in ‘n brief aan die president gevra dat hy nou die bevindinge van die Donen-kommissie van ondersoek bekend moet maak nadat oud-president Thabo Mbeki vir 21 maande geweier het om dit te doen. "Noudat Motlanthe die president is, kan hy die lug suiwer oor sy eie rol in die omstrede olie-vir-voedselskandaal, deur die verslag van adv Michael Donen, SC bekend te maak."

Die Donen-kommissie is destyds deur Mbeki aangestel om beweringe te ondersoek dat prominente Suid-Afrikaners betrokke was by die Irakese Olie-vir-voedselskandaal. Nege getuies is destyds deur die kommissie gedagvaar om te getuig oor die skandaal en die moontlike betrokkenheid van Suid-Afrikaanse maatskappye en individue by die internasionale skandaal. Die getuies het ingesluit: mnre Tokyo Sexwale, Sandi Majali en Kgalema Motlanthe.

Die weekblad Mail & Guardian het in 2006 onthul dat die omstrede Majali sy Irakese olie-ontrakte nagejaag het met die rugsteun van top-ANC-amptenare Motlanthe (toe nog sekretarisgeneraal), Mendi Msimang (toe nog tesouriergeneraal). Gerugte wat destyds die rondte gedoen het was dat Majali se oliekontrakte aangeknoop is om die ANC te help finansier.

Majali was ook berug vir sy rol in die kanalisering van nagenoeg R15-miljoenstaatsgeld deur die staatsoliemaatskappy PetroSA na die ANC voor die 2004-verkiesing.

casino online slots free playлобановский александр