Madiba-opera sluit na net 3 vertonings

madibaopera‘n Opera wat die lewensverhaal van oudpresident Nelson Mandela uitbeeld is na slegs drie vertonings in die Staatsteater in Pretoria gekanselleer, het RSG berig.

Die opera, “Madiba: The African Opera” het Vrydag begin, maar moes drie dae later die gordyn laat sak omdat daar nie geld is om die sangers te betaal nie.

Die regisseur, Unathi Mtirara, sê geen geld is van die Nasionale Lotery ontvang nie.

Na die premiere sou daar ook optredes in Qunu wees voordat dit op ‘n buitelandse toer geneem word.

Die Staatsteater het bevestig dat die vertonings gekanselleer is, maar wou geen besonderhede oor ‘n privaatproduksie gee nie.