‘KVP tree op soos kakkerlakke’

ImageNog 'n ANC-jeugligaleier het homself gewend tot haatspraak en die aanhitsing van geweld.

Die liga se voorsitter in die Vaal Sedibeng streek, Jason Mkhwane, het verlede week aan Al Jazeera gesê dat die leiers van die kongres van die proletariaat (KVP), bekend as COPE in Engels, kakkerlakke is wat doodgemaak moet word.

Hy het gesê hy voel nie sleg oor die stelling nie, omdat die KVP soos kakkerlakke optree wat vernietig moet word.

Toe die Mail and Guardian Mkhwane aangespreek het oor Malema se probleme oor die woord "doodmaak" het hy eenvoudig gesê hy praat nie oor mense nie maar oor kakkerlakke.

Hy het gesê "As mens 'n kakkerlak in jou huis sien wat maak jy? Jy maak hom dood."

Die etikettering van mense as kakkerlakke het in 1994 gelei tot die Rwandese volksmoord. 

купить детскую кроваткуФильчаков