Rusland nie geïsoleer oor Krim nie

unDie Verenigde Nasies se algemene vergadering het ‘n nie-bindende resolusie goedgekeur wat die Russiese-gesteunde referendum in die Krimskiereiland in die Oekraïne onwettig verklaar.

Die Russiese afgevaardigde, Witali Tsjoerkin, het gesê die uitslag wys duidelik dar Rusland nie geïsoleer is nie. Hy het bygevoeg dat die Weste ongekende druk op lande geplaas het voor die stemmery wat die uitslag beïnvloed het.

China het ook buite stemming gebly in ‘n duidelike aanduiding dat die VSA dié twee lande nader aanmekaar dwing.

Eenhonderd lande het ten gunste van die resolusie gestem en elf daarteen.

Agt-en-vyftig lande, insluitende Suid-Afrika, het buite stemming gebly.

Slegs 168 uit 193 VN-lidlande was teenwoordig by die Algemene Vergadering in New York.

Volgens waarnemers is die groot getal “ja’-stemme ‘n bewys van die VSA se gekoopte invloed in die VN.

Die VSA spandeer meer op wapentuig as die volgende toptien lande saam, wat waarskynlik ook heelwat vir hul oorredingsvermoë doen om die uitslag in hul guns te beklink.