praag.co.za

Rusland nie geïsoleer oor Krim nie

unDie Verenigde Nasies se algemene vergadering het ‘n nie-bindende resolusie goedgekeur wat die Russiese-gesteunde referendum in die Krimskiereiland in die Oekraïne onwettig verklaar.

Die Russiese afgevaardigde, Witali Tsjoerkin, het gesê die uitslag wys duidelik dar Rusland nie geïsoleer is nie. Hy het bygevoeg dat die Weste ongekende druk op lande geplaas het voor die stemmery wat die uitslag beïnvloed het.

China het ook buite stemming gebly in ‘n duidelike aanduiding dat die VSA dié twee lande nader aanmekaar dwing.

Eenhonderd lande het ten gunste van die resolusie gestem en elf daarteen.

Agt-en-vyftig lande, insluitende Suid-Afrika, het buite stemming gebly.

Slegs 168 uit 193 VN-lidlande was teenwoordig by die Algemene Vergadering in New York.

Volgens waarnemers is die groot getal “ja’-stemme ‘n bewys van die VSA se gekoopte invloed in die VN.

Die VSA spandeer meer op wapentuig as die volgende toptien lande saam, wat waarskynlik ook heelwat vir hul oorredingsvermoë doen om die uitslag in hul guns te beklink.

Comments

3 responses to “Rusland nie geïsoleer oor Krim nie”

  1. Gas Avatar
    Gas

    Die stemming is ‘n aanduiding oor die stand van daardie baie geheimsinnige “internasionale mening” waarmee die Afrikanervolk so dikwels gekonfronteer word. Die opmerkings van woelinge weg van die verhoog (Amerika se geldelike en militêre “oorredingsvermoë”), is dalk belangriker as die stemuitslag self.

    1. Gas Avatar
      Gas

      Natuurlik sal die VSA almal vertel wat om te doen. Die stemmers het seker voor die stemmery ‘n boodskappie gekry van die NSA wat hulle afgeluister het en wat hulle politieke loopbane tuis kan maak of breek

  2. Karel Combrinck Avatar
    Karel Combrinck

    ‘n Mens sou kon wonder hoe ‘n nie-bindende resolusie van die VN die optrede van ‘n lidland “onwettig” kan verklaar. Dit is natuurlik onsin. Resolusies van die VN is so te sê deur die bank nie-bindend en dus meer op die aard van aanbevelings as resolusies. Die VN kan bindende resolusies slegs aanneem waar dit gaan oor die inwendige funksionering van die VN self. Verder kan die Veiligheidsraad in beperkte gevalle en onder uiters streng voorwaardes afdwingbare besluite neem, hoofsaaklik wat betref die bekamping van internasionale konflikte. As permanente lid van die Veiligheidsraad sou Rusland vanselfsprekend ‘n resolusie om sy optrede in die Krim ‘”onwettig” te verklaar, veto.

Leave a Reply