Koue naweek l? voor

Temperature onder vriespunt en matige sneeuval in die noordelike en suidelike dele is Donderdag in die Drakensberge waargeneem. Volgens Wiseman Dlamini, van die Weerdiens in Durban, is dit vier grade op Van Reenenspas met winde van 40km per uur.

In Underberg, Giant's Castle, Kokstadt en Matatiele, wissel die temperature van tussen twee grade en vriespunt of selfs onder nul grade. Die sneeuval sal na verwagting teen laat Vrydag opklaar.

Van Sondag af sal die dagtemperature na verwagting weer ontdooi.

Die hoofpad tussen Fort Beaufort en Queenstown in die Oos-Kaap is Donderdag gesluit weens swaar sneeuneerslae wat tot dusver tot twee padongelukke gelei het.

"Ons moes die pad sluit want toestande raak al slegter en daar het reeds twee ongelukke plaasgevind," het mnr. Gideon Judeel van die gemeenskapsdienste-departement van die Lukhanji-munisipaliteit gesê.

Port Elizabeth se weervoorspeller Quinton Jacobs sê alhoewel die sneeuval gaan ophou sal dit nog maar bibberweer bly agv sneeu op die grond.

Ook vir Gautengers gaan dit koud wees. Die SA Weerdiens voorspel oggendtemperature onder vriespunt in Pretoria en Johannesburg tot volgende Woensdag. Die oggendtemperatuur in Johannesburg en Pretoria het Vrydag by -3 grade celsius gedraai.

в бассейнданильченко юрий брониславович прокурор