Kongolese wil niks weet van Sarkozy

Image

Nicolas Sarkozy

'n Groep Kongolese opposisiepolitici het in 'n verklaring wat Maandag vrygestel is gesê dat hulle gekant is teen die Franse president Nicolas Sarkozy se voorgenome besoek aan Kinshasa.

"Die besoek van president Nicolas Sarkozy, wat vir Maart geskeduleer is en wat die fundamentele belange van die Kongolese mense bedreig, is nie wenslik nie," het die groep senators en adjunkte gesê in die teks wat deur AFP ontvang is ná 'n vergadering in die hoofstad.

In sy Nuwejaarstoespraak aan diplomate in Parys vandeesmaand het Sarkozy gesê 'n "vars benadering" is nodig om die onstabiliteit op te los en die rykdom van die Groot Meregebied, wat deel van Kongo insluit, te deel.

Hy het ook melding gemaak van "die toekoms van Rwanda".

Sarkozy se opmerkings het 'n ongelukkigheid veroorsaak hier, met die Kongolese media wat voorgestel het dat hy 'n "balkanisering" van die Kongo wil hê.

Die politici het gesê Sarkozy se wens om 'n wyer gebaseerde gesprek te sien omtrent die "deel van ruimte en die rykdom van ons land is vreemd", en het bygevoeg in die verklaring dat, hoewel Sarkozy die reg het om "Rwanda gelukkig te maak", dit nie aan hom die reg gee om Kongolese rykdom op te dien "om diplomatieke verhoudinge tussen Rwanda en Frankryk te verbeter nie".

Parys en Kigali is reeds jare lank aanmekaar oor wie die verantwoordelikheid dra vir die Rwandese volksmoord van 1994, waarin sowat 800 000 mense binne enkele maande dood is.   

инструмент для шиномонтажаtopcargo