
Die ouers van die twee seuns van ‘n skool in Noordwes wat vroeër naby Kampsbaai in Kaapstad in die see verdwyn het, sal die omgewing vandag besoek.
Die Onderwysdepartement in die provinsie sal die ouers na die gebied toe laat vlieg.
Die seuns van ‘n laerskool op Zeerust, het probeer om ‘n medeleerling uit die see te red toe hulle verlede Woensdag deur die stroom meegesleur is.
Reddingsspanne het gister nog na die seuns gesoek. Die LUR vir Onderwys, Wendy Matsemela, het die seuns se families by hulle huise besoek. – RSG
