Mandela glo by sy bewussyn

Jo Seoka
Jo Seoka

Oudpresident Nelson Mandela sal nou sy derde maand in die hospitaal deurbring. Hy is glo by sy bewussyn en reageer op vrae wat aan hom gestel word.

Dit is die reaksie van die president van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke, Joe Seoka, wat die bejaarde staatsman in die hospitaal in Pretoria besoek het.

“Hy kan elke woord wat met hom gepraat word, hoor en hy reageer wel op wat hy hoor.”

Seoka en ander geestelikes van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke het ná die besoek die media te woord gestaan.

Die groep sê hulle het Madiba nie self gesien nie, maar in ‘n aangrensende vertrek vir hom gebid.

Seoka sê volgens die hospitaal is hy steeds in ‘n kritieke toestand, maar stabiel.