Meer as ’n miljoen jeugdiges wat in of ná 1994 gebore is het nie vir die verkiesing op 7 Mei geregistreer nie, het die koerant The Star Dinsdag berig.
Slegs ‘n derde (33,6%) van Suid-Afrika se sogenaamde Born Free-geslag het as kiesers gaan registreer.
Dié syfer is op die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) se vergelyking van die aantal geregistreerde kiesers en Statistieke Suid-Afrika se bevolkingssyfer vir dié ouderdomsgroep gegrond.
“Die Born Free-geslag maak 2,5% van die 25 miljoen geregistreerde kiesers uit,” het die koerant berig.
Sowat 60% van Suid-Afrikaners in hul twintigs, en 90% van mense ouer as 30 is geregistreer om te stem.
