Integrasie in Nederland: Sukses of nie

Die antwoord op hierdie vraag, so wil dit voorkom, hang af van wie dit beantwoord. Beide diegene wat meen dit gaan goed of sleg met die integrasie gebruik syfers om hul menings te staaf.

Hoe uiteenlopend die menings kan wees, blyk uit die jongste internetuitgawe van Trouw, ‘n Nederlandse gedrukte dagblad. Op dieselfde webbladsye verskyn artikels wat redelik uiteenlopend reageer. Dorien Pels se artikel Bij sollicitatie wordt Surinamer vaker afgewezen dan Marokkaan skets die proses problematies, terwyl ‘n boek-vooruitskouing van ‘n boek, Hoezo Mislukt? deur Frans Verhagen, die ligpunte belig.

Pels wys daarop dat ’n ondersoek aan die lig gebring het dat Surinamers, wat onder die “allochtonen” (nie ‘n paar geslagte gebore Nederlanders nie) die topposisie onder uitnodigings vir werksonderhoude, nou deur die Marokkane verbygesteek is. Allocchtone as geheel se uitnodigingskoers is in ieder geval 37 persent teenoor 44 persent vir autochtone (paar geslagte gebore Nederlanders).

Die aanduiding dat Marokkane nou in groter aanvraag as Surinamers is, kom as verrassing aangesien die Marokkane ‘n reputasie as probleemgevalle het. Hierdie reputasie het hulle danksy negatiewe joernalistieke beriggewing opgedoen. Nou word allerlei verklarings gesoek.

Die ondersoek is juis gedoen op ‘n manier om verwarring oor die aansoekers se identiteit duidelik te maak. Die proefgroep het vir werklike vakatures aansoek gedoen, en hulle is gehelp om onberispelike aansoeke in te dien. Omdat Surinamers en immigrante uit die Antille gewoonlik tipiese Nederlandse name het, is hul geboortedorpe soos Paramaribo of Willemstad ingevoeg.

In die ontleding oor die oorsake word die woorde “diskriminasie” en die redes daarvoor vrylik gebruik, kwalik ‘n logiese aanloop tot die lees van die boekvooruitskouing. Hierdie berig se opskrif is: “Integratie is uitstekend gelukt.”

Verhagen baseer sy stelling op toenames van “allochtonen” by universiteite en die werkplek. Tog lê hy baie klem op die relatiewe sukses teenoor die suksesse of dan mislukkings in ander lande.

Talle opstootjies soos by sokkerwedstryde laat hom nietemin tot die gevolgtrekking kom dat Nederland ‘n probleem met die jonges het. En dié probleem, skryf hy, moenie net by die Marokkaanse jeugdiges gesoek word nie.

 

сауны вЛобановский Харьков