‘Misdaad in SA op laagste vlak in 15 jaar’

Jerre Stead
Jerre Stead

‘n Amerikaanse organisasie wat betrokke is by die eksplorasie van onder meer gas en olie, IHS, sê misdaad in Suid-Afrika “neem af”. Dié inligting is in die WSJ gepubliseer.

IHS Crime Index, wat self toegee dat hulle uitsluitlik op die SAPD se inligting staatmaak, het bevind dat misdaad in Suid-Afrika “op sy laagste vlak in 15 jaar is”.

Die HUB van IHS, Jerre Stead, is pas deur die deelstaat Colorado se goewerneur aangewys om die heropbou van Colorado na die onlangse uitgebreide vloedskade te onderneem.

“Geweldsmisdaad staan op die laagste vlak in ‘n dekade, en het met 40 persent afgeneem” sê die Minister van Polisie, Nathi Mtethwa.

“Eiendomsmisdaad het met 24 persent oor dieselfde tydperk afgeneem.”

Hy sê die IHS Indeks stem ooreen met die misdaadstatistiek wat die regering onlangs vrygestel het.

Die syfers het ‘n ses persent styging in die getal moorde in die afgelope jaar aangetoon.

Dit was egter die afgelope nege jaar 27 persent laer.