Twee seuns, een swart, slaan huisma glo dood

Personeel aan die Jimmie Roos-jeugsorgsentrum op Dewetsdorp leef in vrees nadat twee skoolkinders glo ‘n huisma met ‘n klip en baksteen in haar gesig doodgeslaan het.

Die onderwysdepartement is glo onbehulpsaam omdat een van die vermeende moordenaars ‘n swart kind is.

Carima Barnard, is Dinsdag op die skoolterrein vermoor, maar die hoofstroommedia is versigtig om nie die ras van die een seun bekend te maak nie.

‘n Vyftienjarige seun van die skool is in hegtenis geneem in verband met die moord.

Die polisie het bevestig dat die 15-jarige in die hof sal verskyn, maar kon nog geen besonderhede daaromtrent verskaf nie.

Sy verhoor is tot 30 November uitgestel nadat hy Donderdag in die hof verskyn het. Netwerk24 het berig dat die seun in aanhouding sal bly.

Die skoolhoof, Johnny Erlank sê egter die leerling, wat ook deur die polisie ondervra is, is terug by die skool.

Barnard word Saterdagoggend uit die NG Kerk op Dewetsdorp begrawe.

‘n Polisiewoordvoerder, Yanda Ngcukana, het gesê bloedvlekke is op ‘n T-hemp van een van die twee seuns gevind.

Die een seun (15) het toe reeds erken dat hy by die moord betrokke was. Hy is saam met die ander seun (16) aangekla van moord.

Die motief vir die moord is nog onbekend.