Kwelvrae oor Darwinisme en evolusieleer

Ek lees dat daar nou ‘n sg. nuwe mens species(Latynse spelling) ontdek is nadat ‘n vingerbeen gevind is. Nou toe nou!

As ‘n wetenskaplike, medikus, genetikus, mikrobioloog en viroloog, moet ek met verbasing reageer. Hiermee ‘n paar gedagtes om mense se idees te stimuleer om oor die evolusieleer en Darwinisme te dink en kritiese denke nie onder die mat in te vee nie.

Ek het al in 1976 in een van my werkstukke vir die graad Honneurs in molekulêre genetika ‘n storm ontketen omdat ek met ‘n stuk getiteld Darwinism, bad reflexions in a dead pool teen Darwinisme en die Evolusieleer geskryf het.

Om ‘n lang storie kort te maak: Hoe kon lewe, soos ons dit ken, uit warm poeletjies water en borrelende gasse ontstaan het?

Vraag een: Die kwessie van nie-reduseerbare kompleksiteit. As mens die proses van proteïensintese neem, vanaf die ongelooflike komplekse werking vanaf DNS en die interaksie tussen gene, gaan dit ons nog 100 jaar of meer neem met al ons tegnologie en dan gaan ons miskien 1% daarvan weet. Die struktuur van DNS is so gekompliseerd dit is nie nou die plek om dit eers te probeer verduidelik nie.

Evolusie is in elk geval minder moontlik dat sou ‘n bom in ‘n papierfabriek afgaan die resultaat die volledige Encyclopedia Britannica sal wees, letter vir letter en punt vir punt, klaar gebind.

‘n Enkelsellige organisme soos ‘n amebe bevat inliging om meer as 100,000,000 bladsye van die Encyclopedia Britannica te vul, letterlik.

Dan die tweede kwelvraag. Waar is die tussengangerfossiele? Tot dusver is meer as 500,000 volledige fossiele ontdek, maar nie een tussengangerfossiel nie. Darwinaanhangers beweer dat ‘n vis na ‘n reptiel, na ‘n lemur, na ‘n aap en dan na die mens verander het. Al hierdie diere het fossiele, maar waar is die tussengangers? Die antwoord sou eerder wees ‘n gedeelde Super Intelligente Skepper as ‘n gedeelde voorouer.

Die derde vraag: Hoekom vermy al die aanhangers van evolusie die uiters belangrike faktor van massiewe variasie binne een species? Wat van die Kambriaanse ontploffing van species, toe ‘n massiewe hoeveelheid nuwe species binne ‘n baie kort tydperk gevorm het? Volgens Darwin,sou invertebrate gevorm het uit enkelselle, maar skielik verkyn die invertebrate en vertebrate in hierdie periode sonder enige voorouerfossiele.

Insekte, knaagdiere, vlermuise se fossiele word almal gevind, maar helaas géén voorouer. Daar kan nie deur een wetenskaplike, paleontoloog, geoloog of wie ookal, aangetoon word dat een groep fossiele enigsins voorouers van ‘n ander groep fossiele was nie. As ons die variase in die aantal tipes duiwe neem, is dit nie verskillende species nie, maar mens-geselekteerde variasies binne een species. Die basiese geenpoel bly dieselfde. Deur sekere eienskappe te selekteer word variasies geskep. Baie is nie lewensvatbaar in die natuur nie.

Die vierde vraag: Wat van die Tweede Wet van Termodinamika? Dit is beskryf deur die Duitse Fisikus, Rudolf Clausius.

Hierdie fundamentele wet word ook beskryf as die wet van toenemende entropie. Entropie is dus die totale hoeveelheid energie wat verlore gaan en nie omskep kan word in meganiese energie of werk nie. As eenvoudige voorbeelde: Indien jy ‘n ysterpyp buite laat lê ,verroes dit. As jy ‘n huis bou en net so laat, is later van die bouwerk net ‘n hoop rommel oor. Wat het dit met evolusie uit te waai? Net dit: Die basiese aanname wat die aanhangers van die teorie maak, is dat daar êrens in die verlede, miljarde jare gelede, baie eenvoudige elemente gekombineer het en tot asemrowende komplekse organismes soos ‘n enkelse amebe ontwikkel het, maar geen tweede wet van termodinamika was betrokke nie. Hoekom dan nie? Hierdie onopgelosde kwessie is een van die grootste bewyse teen die evolusieleer.

Vyfde vraag: Die wiskundige moontlikheid of kans dat evolusie uit eenvoudige elemente sou kon ontstaan. Veronderstel daar is ‘n oorvloed van aminosure, kataliste, water, regte temperatuur, pH,(sonder entropie,wat natuurlik nie moontlik was nie) dan sou die kanse dat slegs 10 aminosure ‘n polipeptiedketting sou vorm, 10 tot die mag-20,wees. Proteïene word natuurlik slegs gevorm, beginnende by DNS -> mRNA -> ribosome -> aminosure -> proteïen. Te kompleks om in detail te verduidelik.

Kortom, hierdie duisende proteïene moet dan op een of ander manier saambind en ‘n komplekse organisme vorm wat verdeel, in skokkende omgewingstoestande, miljarde jare gelede en daarna uiteindelik meersellige organismes vorm? En daarbenewens is geen tweede wet van temodinamika betrokke nie!

Hou ook in gedagte dat genetika nog nie tot ‘n wetenskapsvak ontwikkel was in Darwin se tyd nie. Hy het nie van gene ens. geweet nie.

Vraag ses: Vertikale en horisontale mutasies. Nog nooit het ‘n puntmutasie gevorm wat ekstra informasie bygevoeg het tot ‘n geen nie. Dus geen vertikale evolusie om nuwe funksies te kan verrig nie. Wat dan van bakterieë en hulle bestandheid teen antibiotika? Hier is mutasies betrokke om te verhoed dat hulle bind aan die reseptore bv. veranderde ribosome. Hierdie bakterieë verloor dus gene, deur horisontale evolusie, en is dus geneties swakker as die wat nie bestand is nie.

In ‘n omgewing sonder antibiotika het die mutasie dus ‘n swakker kans om te oorleef, want onthou die ribosome van die bestandes kan nou nie normale funksies uitvoer nie.

Dit is soos ‘n dief sonder arms. Die polisie kan hom nie boei nie en hy kan dus nie gevang word nie en vlug, maar om sonder arms te wees is seker nie tot voordeel van die groep nie. Weereens horisontale evolusie.

Wat Darwinisme en die evolusieleer aan ons beskawing gedoen het, is ‘n vraag wat ook beantwoord moet word. Ons beskawing mik tans in die verkeerde rigting. Kyk maar na hedendaagse morele waardes, moord, bedrog, gewelddadige diefstal, skool en tersiêre onderwys se lae standaarde. Al ons kinders is verslaaf aan rekenaarspeletjies en hoe meer geweld in die speletjie is, des te beter.

Wat is die wortel van die verval van ons beskawing? Ons moet eerder vra wat het die beskawing geskep en onderhou. ongetwyfeld die Bybel. Dit was ons en ons voorouers se sentrale en gidsdokument. Hoekom het ons die respek vir ons Bybels verloor? As gevolg van Charles Darwin en sy teorie. Punt.

Dit word in kinders wat baie vatbaar is se kele afgedruk. God is nie meer jou skepper nie en ape is jou voorouers. Die gevolge daarvan sien ons daagliks.

play go free onlineданильченко юрій Харків