Jeugdag: niks om te vier

‘n Volk wat nie in sy jeug belê nie, sorg nie vir sy toekoms nie.

Dit is ‘n bitter ou waarheid, maar Sondag lui ‘n prominente opskrif in Rapport: “Vir die verlore jeug is daar niks om te vier.”

Die man wat sy pen so in gal doop is Charles Malan, wat benewens as skrywer, ook deur sy werk by die RGN bekend geword het.

Malan se inleiding lees: “Die jong mense van Suid-Afrika het bitter min om te vier op Jeugdag, behalwe verspeelde kanse, onbeholpe volwasse leiding en ‘n weldeurdagte jeugbeleid wat nooit ordentlik in werking gestel is nie.”

Malan verwys naamlik na ‘n jeugbeleid wat in opdrag van die destydse president Nelson Mandela ontwikkel is. Aan die stuur van sake was dr. Van Zyl Slabbert wat onlangs oorlede is. Malan self was een van die medewerkers, en sy artikel toon ook die kenmerke van effense bitterbekheid – maar skynbaar met baie goeie rede. Die man wat dit moes implementeer was adjunk-president, en later pres. Thabo Mbeki, wat dit weer grootliks aan dr. Essop Pahad oorgelaat het.

Die gevolge is daar vir almal om te sien. Die nasionale en provinsiale jeugkommissies het ontwikkel tot instellingts wat min meer moes doen as om prominente ANC-jeugleiers van salarisse – ruim salarisse – te voorsien. Die staatsfondse is dus ook grootliks op projekte ter ondersteuning van die ANC aangewend, hoewel onbekwaamheid wat die Ouditeur-generaal slapelose nagte besorg, dikwels die uitvoering daarvan in die wiele gery het.

Die twyfelagtige hoogtepunt was waarskynlik toe die amptelike hoof-jeugdagvieringe by Botshabelo in die Vrystaat gehou is. Die hoosprekers was mnr. Jacob Zuma, wie se enigste amp destyds president van die ANC was, Julius Malema, met ‘n enigste amp om jeugleier van die ANC te wees, en Cosatu se Zwelinzima Vavi. Die enigste rol vir opposisiepartye was om uitnodigings te kry om na hierdie geleentheid met sy ANC-sprekers te kry. Die DA het hieroor by die Openbare Beskermer gaan kla, en na ‘n lang oponthoud het die OB bevind alles was pluis, maar dit moet nie weer gedoen word nie.

Dié geleentheid sal veral onthou word vir Malema se “Ons sal doodmaak vir Zuma”, half ge-ego deur Vavi. Hierdeur is die simboliek van ‘n erg verdeelde Suid-Afrikaanse jeug ingelui.

Die pleknamekomitee van Limpopo – ook ‘n werkverskaffer van die ANC-jeugliga – se optredes is vanuit ‘n versoeningshoek skrikwekkend.

Op tradisioneel Afrikaanse kampusse waar studentepolitiek volgens politieke lyne bedryf word, is die vernaamste rolspelers dikwels die Vryheidsfront Plus Jeug aan die en kant, en die ANC-jeugliga en Sasco aan die ander kant. ‘n Party soos die DA wat onder die studente se ouers wye steun het, maak nie hond-haaraf nie.

In die aanloop tot die sokkerwêreldbeker, met die vuvuzela al goed aangeskakel en die euforie op voorblaaie, het Afriforum Jeug nog ‘n titseltjie werklikheidskoors probeer aanskakel deur te wys op die onvanpastheid van die regering en Fifa se verheerliking van Peter Mokaba, die man van “Kill the Boer, kill the farmer”-faam.

Die volwasse respons op die radikalisering van Mokaba se geesteskind. Malema, laat veel te wense oor om dit sagkens te stel.

Pas het ‘n Nederlandse koerant in ‘n ellelange artikel die mantel van Suid-Afrika se ikoon van versoening vir die Kovsie-rektor, prof. Jonathan Jansen aangetrek. Hierdeur het hy ‘n buitelandse erkenning gekry vir die inisiatief om die Reitz-kwessie op ‘n ander manier te beredder as om die vier verhoorloos hul studies te ontneem en te laat verguis. Plaaslik verswyg die Engelse pers – anders as die pers in die buiteland en twee groot Afrikaanse koerante – dat die vier om verskoning gevra het.

Nie dat Jansen almal se droomrektor is nie – soos die gedagte wat hy en sy omstrede studentedekaan koester om voortaan studentepolitiek volgens politieke partylyne te verbied. Dit klink al te veel na simptome in plaas van die oorsake aan te spreek. Die werklike oorsake is nie moeilik om te vind nie: volwassenes.

автоинструмент купитьданильченко юрій броніславович компромат

Uhuru Guru se gruwelfoto’s

Die afgelope week of twee het in die teken gestaan van die arrestasie van die webmeester van Zasucks, ‘n webwerf wat daaraan gewy is om die gruweldade wat in die ANC-geterroriseerde Suid-Afrika plaasvind, bloot te stel. Eweneens was die reaksies op LitNet besonder intens na aanleiding van die plaasing van ‘n internetkoppeling van Zasucks se skokfoto’s, in so ‘n mate dat LitNet se webmeester dit nodig geag het om hierdie koppeling te verwyder.

Kort ná die plasing van hierdie foto’s het sommige skrywers oorgegaan na ‘n al te bekende strategie in die wêreld van politiek en propaganda, te wete ontkenning. Ewe skielik was die webwerf van onbetroubare aard en die ware oorsprong van die foto’s kon nie bevestig word nie. Ondertussen is daardie foto’s van die webwerf verwyder en bly slegs die teks oor. Spekulasie oor die aanhouding van Uhuru Guru het gewissel van wit polisieagente wat hul werk wou behou deur hul gedienstigheid aan Suid-Afrika se georganiseerde misdaadregering te toon, tot die FIFA-wêreldbekersokkerorganiseerders wat nie aan die res van die wêreld die indruk wou skep dat Suid-Afrika ‘n gevaarlike land is om in te wees nie. Die ANC se woede oor die uitgeweke Suid-Afrikaner na Kanada, Brandon Huntley, wat asielstatus aldaar verkry het, is ook genoem as moontlike oorsaak van hierdie histeriese reaksie.

Ek het van ‘n ervare joernalis verneem dat daardie foto’s inderdaad outentiek is. Hulle is afkomstig uit polisiedokumente wat deur staatsaanklaers ingedien was as bewysstukke vir regsake. Die tersaaklike joernalis het selfs die name van die slagoffers beskikbaar gehad maar kon dit weens etiese en veiligheidsoorwegings nie prysgee nie. Hierdie foto’s is openbare dokumente wat as bewyslas ingedien was by regsake van die afgelope drie maande en kan dus deur lede van die publiek geraadpleeg word.

Desondanks sal daar vanuit diverse oorde geprobeer word om die ware motiewe van hierdie moorde te ontken of ontkrag deur weereens die slagoffers voor te stel as daders of iets dergliks. Die welbekende stereotipe van verdrukte swartes en rassistiese blankes sal sorg dat alle vorme van geregtelike dwalings gekortwiek word om aan hierdie beeld van Rassemarxisme te voldoen. Die Reitz-insident dien hier as ‘n uitstekende voorbeeld. Vir die oningewydes oor die Reitz-insident haal ek net gou die volgende aan uit die Nederlandse joernalis Bram Vermeulen se boek: “Help ik ben blank geworden: Bekentenissen van een Afrika-correspondent” (bl.70):

“‘Heb jij de hele film eigenlijk gezien?’ vroeg hij [Ewoud Potgieter, die koshuisprimarius] samenzweerderig, terwijl hij de tafels en stoelen aan de kant schoof. Volgens Potgieter gaven de dertig seconden die al de hele dag op de internationale televisiezenders te zien waren een erg vertekend beeld. ‘Kijk maar.’

Op de tien minuten durende homevideo die hij op zijn computer had staan, kon ik zien dat de vier huishoudsters veel lol beleefden aan het maken van het filmpje. Lachend dronken ze pintjes aan de bar. Lachend speelden zij rugby, de sport van de blanken, met de jongens, en lachend liepen ze een rondje op de atletiekbaan. Toen de beruchte plasscène langskwam, zette Potgieter de computer op slow motion.

‘Kijk daar,’ zei hij en wees op de waterfles die de student in de wc uit zijn broek haalde. ‘Dat is geen urine. Dat is mineraalwater,’ grinnikte Potgieter. Heel Zuid-Afrika gefopt.

[…]

De universiteit van de Vrijstaat was in dezelfde week veranderd in een slagveld. Politici riepen om het aftreden van het voltallige universiteitsbestuur. Zwarte studenten dreigden de Reitzresidentie in brand te steken, blanke jongens te vermoorden, blanke meisjes te verkrachten. De rector schorste de makers van de film. Ze moesten voor de rechter verschijnen.”

Hierdie insident word deur die ANC-bandiete – met Julius Malema voorop – voorgehou as ‘n totale verskrikking, terwyl Uhuru Guru se gruwelfoto’s as ‘n leuen en ‘n onbetroubaarheid uitgebeeld word. Die Reitz-insident sal nog jare lank in aankomende swart en wit studente gebreinspoel word en beskou word as blankes se inherente slegtheid wat slegs deur intense ingrype van die universiteitsowerhede reggestel kan word. Tegelykertyd word bedreigings van moord, verkragtings en brandstigting beskou as ‘n “verstaanbare” reaksie hierop.

As iemand nog getwyfel het oor die ewewigtigheid van Suid-Afrika se sin vir geregtigheid behoort hierdie insidente duidelik aan te gee wat werklik aan die gang is. Jare lange indoktrinasie oor onreg het veroorsaak dat nugtere denke nie meer aan die orde is nie, en dat geregtigheid nou onderworpe geword het aan gepeupelreg. Daardie gruweldade wat selfs nekrofilie insluit, is alles ‘n gesonde reaksie op ‘n vermeede onreg in die verlede.

Aangesien die gruwelfoto’s nou “uit en gedaan” is, maar die Reitz-insident kennelik nog lank nie, kan ons sonder veel nadenke konkludeer dat die ANC liewer vir hul ideologie leef as vir die mense wat hulle veronderstel is om te dien. Immers, as iemand nog hieraan getwyfel het, sal Essop Pahad hierdie siening vinnig regstel. Hy sê ten minste eerlik dat blankes beter daaraan toe is sonder hom.

Inderdaad. Ek dink ook blankes is beter daaraan toe sonder hom.

online casinoФильчаков прокурор отзывы