DA-raadslid geskors

'n DA-raadslid is geskors na hy die grootste inval in huise geïnstigeer het na 1994 in Suid-Afrikaanse geskiedenis, het die nasionale direkteur vir behuising Woensdag gesê.

DG Itumeleng Kotsoane het in 'n verklaring gesê dat Kaapstad se stadsraad se dissiplinêre komitee DA-raadslid Frank Martin Woensdag vir 'n Maand geskort het.

Dit het gevolg na Martin se beweerde betrokkenheid by die besetting van 1700 huise wat onder konstruksie was as deel van die N2 Gateway ontwikkeling in Delft in Desember 2007.

Kotsoane het gesê die "geldwaarde van die besetting, wat vir drie maande geduur het voor die besetters deur die balju van die hof uit die plekke verwyder is, het meer as R40 miljoen beloop."

"Dit sluit in regs- en sekuriteitskoste en die koste om skade aan die huise te herstel. Dit het uitgesluit die koste van vertragings aan die projek en die menslike koste," het hy gesê.

Kotsoane het gesê: "Raadslid Martin se aksies het effektief die mense haweloos gelaat. Hy het hulle aangemoedig om hulle agterwerf huisies te verlaat en die besetting te doen."

Hy het gesê baie van die mense wat die huise beset het, is met niks gelaat nie en het nêrens gehad om na toe te gaan toe hulle uit die  huise verwyder is nie.

генератор 100 квт арендатопкарго