Cosas-leiers geskors weens wanbestuur

Die twee leiers van die Congress of SA Students (Cosas) wat onlangs geskors is, is gevra om tuis te bly weens die wanbestuur van R6.5 miljoen en die misbruik van die organisasie se embleem, het die organisasie Dinsdag gesê.

Wesley Kgang, president, en Goodman Nkungu, adjunk sekretaris-generaal, se lot sal in November beslis word wanneer Cosas se nasionale uitvoerende komitee weer vergader, het Antonio Carels, sekretaris-generaal, aan die media gesê.

Cosas het drie maande gelede R6.5 miljoen ingesamel om die organisasie se dertigste verjaarsdag te vier.

Maar, volgens Carels, is slegs R1miljoen is vir die geleentheid gebruik en niemand weet glo wat met die res van die geld gebeur het nie.

Die organisasie se embleem is op ‘n privaatinstansie se webblad, Gauteng Online, gebruik om geld in te samel, maar Cosas het dit nie ontvang nie.

Carels beweer dat Kgang die instansie toestemming gegee het om die embleem te gebruik.

Die privaatmaatskappy het belowe om die organisasie te vergoed, maar daar het nog niks van gekom nie.

“Organisasies kan nie hand aan hand met individualisme saamleef nie, aangesien die uitskakeling van individualisme die primêre doel van die organisasie is,” het Carels gesê.

Carels het gerugte dat Julius Malema van die ANC-jeugliga die skorsing van Kgang bewimpel het, ontken.

 

строительство саунФільчаков прокурор