Meyerton kalm

Meyerton was Donderdagoggend stil nadat die inwoners deur die nag aangehou het om bande aan die brand te steek, het die Gautengse polisie gesê.

Polisiewoordvoerder konstabel Tikoane Sonopo het gesê: “Dinge lyk beter vanoggend in Meyerton. Die kinders gaan skool toe en voertuie beweeg deur Johan le Rouxweg. Daar is nie oproer nie.”

Inwoners het betoog omdat hulle besittings gekonfiskeer is vir onbetaalde diensbelasting.

Volgens Sonopo is hulle besittings weer Woensdag aan hulle teruggegee.

“Verteenwoordigers van die gemeenskap en die munisipaliteit het gaan sit en onderhandel oor hoe hulle die probleem gaan oplos,” het hy gesê.

“Woensdagnag het hulle nog bande gebrand, maar nou i8s alles onder beheer.”

Die polisie moes Woensdag van rubberkoeëls gebruik maak toe oproermakers klippe en petrolbomme na amptenare geslinger het.

липецк специальныйпрокурор Фильчаков