Baragwanath dokter vermoor

‘n Dokter van Chris Hani Baragwanath-hospitaal is by sy huis geskiet en is dood na hy met ‘n ambulanshelikopter na die  Milparkhospitaal in Honeydew geneem is, het polisie Woensdag gesê.

Polisiewoordvoerder inspekteur Karen Jacobs het gesê dat Edward Mathebula Dinsdagaand dood is na hy geskiet is deur rowers.

“Mathebula en ‘n vriendin het TV gekyk toe vier gewapende mans deur sy meenthuis se skuifdeur ingekom het.”

“Hulle het geld gevra van hom en hy het om hulp geroep en is in die voorkop geskiet,” het sy gesê.

Bure het aan die polisie gesê dat hulle skote gehoor het voor hulle vier gewapende mans sien vlug het van die toneel af met die slagoffer se persoonlike besittings.

Paramedikus Nick Dolman het gesê dat die slagoffer in kritiese toestand was op die toneel en op lewensondersteunende toerusting geplaas is.

Jacobs het gesê Mathebula was ‘n mediese dokter by die Chris Hani Baragwanath-hospitaal..

ротор купитьтопкарго отзыв