Nkosingiphile Hlekwayo, 50, het in 2009 ‘n 11-jarige dogtertjie in sy klas by drie geleenthede verkrag. Vir dié misdade is hy Woensdag tot drie keer lewenslank deur die Empangeni-distrikshof in Kwazulu-Natal gevonnis.
Die familie van die verkragter het kragtens tradisionele Bantoegebruik aangebied om beeste ter vergoeding aan die familie van die slagoffertjie te betaal, maar dié aanbod is van die hand gewys.
“Die slagoffer het haar ouers in kennis gestel en ‘n saak is by die Empgeni-polisiesstasie geopen,” sê kolonel Jay Naicker van die Suid-Afrikaanse Polisiediens.
Die een vir gesinsgeweld, kinderberskerming en seksuele oortredings het die ondersoek oorgeneem en die beskuldige is dieselfde dag as wat die saak aanhangig gemaak is in hegtenis geneem,” gaan Naicker voort.
Doodsdreigemente
Omdat die slagoffer se ouers die aanbod van beeste indien hulle die saak sou terugtrek van die hand gewys het, het hulle blykbaar doodsdreigemente ontvang. Volgens Naicker is “die slagoffer na ‘n veilige plek geneem totdat die saak afgehandel is”.
Die provinsiale polisiekommissaris, luitenantgeneraal Mmamonnye Ngobeni het die vonnis verwelkom en haar vertroue in die regstelsel uitgespreek. – praag.co.za, SAPD-verklarings
