Minstens tien boere in Limpopo is deur arbeidsinspekteurs beboet omdat hulle hul werknemers te min betaal.
Volgens die departement van landbou beloop van die boetes tot ’n miljoen rand.
Arbeidsinspekteurs wat plase besoek het, het glo op “ernstige oortredings” van die wet op basiese diensvoorwaardes afgekom.
“Ons verwag nie luukse behuising nie maar wat ons hier gevind het is nie eers geskik vir honde nie, het ‘n woordvoerder, Joe Mokou, gesê.
Die plaaswerkers het in sommige gevalle glo R1 427 per maand te min ontvang en werkgewers het nie tot die werkloosheidsversekeringsfonds bygedra soos die wet vereis nie.
Die minimumloon vir plaaswerkers is R 2 227 per maand.
Limpopo-boere stel duisende seisoenale werkers aan om te help met sitrus- en tamatie-oeste.
