Hy sê wat Indië se span betref, wil hulle mededingend wees maar in die regte gees speel. Indië het gedreig om aan die reeks in Australië te onttrek nadat die draaibouler Harbhajan Singh aanvanklik daaraan skuldig bevind is dat hy die veelsydige Andrew Symonds tydens die bitter tweede toets in Sydney beledig het.
'n Dooiepunt tussen die spanne is beëindig nadat die aanklag afgegradeer en die bouler 'n boete opgelê is. Australië het die reeks met 2-1 gewen. Symonds is uit die toergroep wat Vrydag bekendgemaak is, weggelaat nadat hy is verpligte spanvergadering misgeloop het.
Australië kom later vandeesmaand in Indië aan vir die reeks van vier toetse wat op 9 Oktober in Bangalore begin. Tendulkar wat na sy jongste besering terugkeer, het praatjies dat die toeriste 'n swak span is, afgemaak. Hy sê almal weet dat Australië die nommereenspan ter wêreld is en hulle kom met mag en mening hiernatoe. Hulle het nog baie ervare spelers in die span en dit is nie asof dit 'n ten volle getransformeerde span is met geen senior spelers nie.
"Ek dink dit het belangriker geword vanweë die mededingendheid. Al die reekse wat ons in die onlangse verlede sedert 2001 gespeel het, was naelbyters," het Tendulkar gesê.
