Afrikanerraadsamestelling

ImageSedert die totstandkoming van die Afrikaanse Taalraad is daar berig dat ‘n aparte Kultuurraad ook benodig word om te keer dat Afrikaners en boere die prooi van menigtes word.

Die prooistatus is reeds in volle swang en loopbaandeskundiges doen steeds aanbevelings aan internasionale instansies om kreatiewe personeel in SA te werf. Die resultaat is reeds verby die magiese omkeerpunt soos gesien in emigrasie van ongeveer ’n miljoen geskoolde Afrikaners.

Die behoefte aan die Afrikanerraad word dus eksponensieël erger by die dag agv die politieke situasie. Om mense te kry om op hierdie raad te sit sal egter nie moeilik wees nie omdat emigrasie nie beperkend hierteenoor is nie. Die probleem is dat die persoonlikheids- en ondervindingsvermoëns van hierdie individue deur ons algemene mense identifiseer en voorgestel moet word want na alles, sal die raad deur ons „verteenwoordigers“ hanteer word.

Net om mense se gedagtes te terg, sou mens na ander voorbeelde kon kyk, soos byvoorbeeld:

•    Die weermag: Hoogs taakgeorienteerde mense met spesialisopleiding in die gevegskuns is nodig. Bygevoeg hierby kan die Sweedse weermag as voorbeeld geneem word waar „leierskaps“-ontwikkeling en -toetsing ook baie sterk is. Verdere geskiedkundige ontwikkelling het ook gelei tot mense wat projekbestuur geformaliseer het. Vir kultuur het mens egter ’n meer filosofies-sosiale persoonlikheid nodig wat nie so taak ge-orienteerd is nie. Verder met minder projekbestuur omdat die doelwit nooit finaal sal wees nie en meer leierskap waar balans, passie en emosionele volwassenheid sterk verteenwoordig moet wees.
•    Die Sjinese regering: Sjina word deur ’n Politburo beheer soos in die kommunistiese bestel. Hulle is uiters outokraties en sal riglyne beheer waar beroepe aan vaste vergoedingskale  onderworpe is. So is daar bv ‘n riglyn dat ingenieurs die minste betaal word soos vergelyk met joernaliste, onderwysers, dokters, politieke verteenwoordigers (meeste), politieke werkers en fabriekswerkers. Die snaakse is egter in die „moderne“ Sjinese tyd dat elkeen van die Politburo individue ingenieurs is. Dit verklaar die „droom“ van Sjina en die ontstellende groei van 10% per jaar vir 20 jaar. As jy ’n land wil bou, kry vir jou ’n ingenieur.

Met bogenoemde in gedagte kyk mens dus na die doel wat bereik moet word met die Afrikanerraad. Dit is onteenseglik nie militaristies of opbouend van aard nie. Dus is militêre wysgere en ingenieurs (enige tegniese beroep insl dokters) uitgesluit. Filosowe is dalk te tegnies korrek en sakemense te kortsigtig. Dalk moet mens begn kyk na sosiologiese en eksterne betrekkinge mense wat goeie kommunikasie vaardighede het. Kyk bv hoe goed Obama met McCain gekompeteer het. Op hierdie stadium sou die sosiologiese – eksterne betrekkinge aspek dalk belangriker wees maar sodra ’n basis gevorm is sal kommunikasie meer belangrik word.

Individue wat oor hierdie vermoëns besit, al bly hulle in die buiteland, kan gerus hulle voelers uitsteek en hulle gedagtes vir ons neerpen. Want ons het ’n goue geleendheid om op kulturele vlak met die Sjinese saam te werk.фото моторных яхтФильчаков прокурор отзывы