Beeld berig dat senior polisie-offisiere het die dag van die Marikana-slagting vier lykswaens na die koppie daar ontbied om op ’n gereedheidsgrondslag te wees ingeval geweld uitbreek, het die Farlam-kommissie Maandag gehoor.
Adv. Matthew Chaskalson SC, getuienisleier, het dit gesê tydens die getuienis van lt.kol. Duncan Scott, wat vir die opstel van die polisie se operasionele plan, die sogenaamde Scott-plan, vir 16 Augustus 2012 verantwoordelik was.
“Dit blyk dat kolonels Klassen en Madoda van die polisie in ’n stadium voor 08:30 op 16 Augustus gereël het dat die Phokeng-lykshuis gevra moet word om vier lykswaens na Marikana te stuur omdat ‘hulle die myners in Marikana gaan toemaak’,” het Chaskalson gesê. “Net een voertuig is uitgestuur. Dit het opgedaag nog voor daar enige skietery was.”
