лобановский александр игоревич класс
Trek die vleistande!
Die massaslagting van miljoene plaasdiere regoor die wêreld sal na verwagting voedselpryse laat styg tot die hoogste vlakke ooit. Sowel as om verbruikers se sakke te tref, sal die voorspelde 14%-sprong in voedselpryse ook die druk van inflasie verhoog. Boere regoor die wêreld het begin met ‘n grootskaalse slagting van hul troppe vee omdat hulle
Zuma ontplooi weermag ‘waar dit nodig is’
President Jacob Zuma het die weermag se ontplooiing ter ondersteuning van die polisie in die voorkoming van misdaad en die handhawing van wet en orde in dele van die land bekragtig. Die DA-leier, Helen Zille, het voorheen versoek dat die weermag ontplooi word om misdaad te help bekamp. Die weermagontplooiing sal geld vir die tydperk
AARTO-uitspraak teleurstellend
Die Vryheidsfront Plus het met teleurstelling kennis geneem van die Konstitusionele Hof se uitspraak waartydens die interdik teen die Gautengse e-tolstelsel opgehef is. “Op ‘n streng interpretasie van die leerstuk van die skeiding van magte het die Konstitusionele Hof waarskynlik ‘n korrekte interpretasie van die reg gegee, maar die eintlike probleem by die afdwing van
Afrikaanse skrywer oorval in sy huis
Beeld berig dat die bekroonde Afrikaanse skrywer en akteur Chris Barnard (73) Woensdagaand deur inbrekers in sy huis buite Nelspruit oorval en vasgebind is. Hy het net ligte beserings opgedoen in die aanval. Volgens die bemarkingsdirekteur van die Innibos Nasionale Kunstefees in Nelspruit is die skrywer getraumatiseerd oor die voorval en wil nie met die
Misdaad neem af, sê ANC
Die moordsyfer in Suid-Afrika het die afgelope jaar volgens die polisie met 3.1% gedaal. Nathi Mthethwa, die minister van polisie, het Donderdag misdaadstatistieke vir die 2011/’12- finansiële jaar bekendgemaak. Hy het gesê kontakmisdaad in die algemeen het met 3.5% afgeneem, hoewel daar nie ‘n afname daarin was in die Vrystaat, Limpopo en die Wes Kaap
Kate, die Moslems en vryheid van uitdrukking
Die Franse regering het geweier om ‘n beplande protes teen die Amerikaans-vervaardigde film “Onskuld van Moslems” Saterdag toe te laat. Die optog is beplan teen die satiriese anti-Moslem spotprente wat in die Franse tydskrif Charlie Hebdo verskyn het. Die spotprente toon die Moslemprofeet wat naak is. Sowat 150 mense is in Parys in hegtenis geneem
Amerikaanse ambassadeur in Beijing aangeval
‘n Motor waarin die Amerikaanse ambassadeur in China gereis het, is beskadig nadat hy die teiken van anti-Japannese betogers geword het oor ‘n territoriale dispuut en die 81ste herdenking van Japan se inval van China. Die State Department het in ‘n verklaring Woensdag gesê dat ambassadeur Gary Locke ongedeerd is na Dinsdag se voorval in
Die hoofmanne is terug
Wigte en teenwigte? Die idee dat ‘n grondwetlike demokrasie in Suid-Afrika se vrugbare grond sal wortel skiet, is besig om in ‘n nagmerrie vir sy voorstanders te ontaard. ‘n Wetsontwerp wat aan tradisionele hoofmanne ongekende mag sal gee, en wat nie onderhewig aan demokratiese “wigte en teenwigte” sal wees nie, word tans deur die Nasionale
Cosatu-vetkatte se vyfsterweelde
Afgevaardigdes na Cosatu se kongres is vanoggend by die Palazzo-hotel by Montecasino opgemerk waar hulle smul aan die ontbyt teen R200 per kop. Al die afgevaardigdes in die hotel te Fourways, Johannesburg, het hul rooi T-hemde en swart pette opgehad. Afhangend van die tipe kamer wat die kliënt bespreek, kos dit tussen R3000 en R5000
