Aan die positiewe kant maak Fourie Du Preez ‘n welkome terugkeer, wat die druk op Butch James sal verlig. Fourie gaan egter ‘n moeilike middag hê as die Bokke se voorspelers hom nie beter beskerm en onder die spreekwoordelike kombers speel nie. Percy Montgomery sal ook geskiedenis maak deur die eerste Springbok te word wat Suid Afrika in 100 toetse verteenwoordig.
Die spanne vir Saterdag is:
Springbokke – 15 Percy Montgomery, 14 JP Pietersen, 13 Adi Jacobs, 12 Jean de Villiers, 11 Bryan Habana, 10 Butch James, 9 Fourie du Preez, 8 Pierre Spies, 7 Juan Smith, 6 Schalk Burger, 5 Victor Matfield (k), 4 Andries Bekker, 3 CJ van der Linde, 2 Bismarck du Plessis, 1 Beast Mtawarira.
Subs: 16 Adriaan Strauss, 17 Brian Mujati, 18 Danie Rossouw, 19 Luke Watson, 20 Ricky Januarie, 21 Frans Steyn, 22 Conrad Jantjes
Nieu-Seeland – 15 Mils Muliaina, 14 Richard Kahui, 13 Conrad Smith, 12 Ma’a Nonu, 11 Sitiveni Sivivatu, 10 Dan Carter, 9 Jimmy Cowan, 8 Rodney So’oialo, 7 Richie McCaw (k), 6 Jerome Kaino, 5 Ali Williams, 4 Brad Thorn, 3 Greg Somerville, 2 Andrew Hore, 1 Tony Woodcock.
Subs: 16 Keven Mealamu, 17 John Afoa, 18 Anthony Boric, 19 Adam Thomson, 20 Piri Weepu, 21 Stephen Donald, 22 Isaia Toeava.

Jaco Erasmus sal in die Italiaanse kleure aangetrek wees as 'n lossvoorspeler in die enkeltoets te Nuweland Saterdag teen die Springbokke.
Tot op hede het die nuwe Springbokafrigter, Peter de Villiers, nog nie besluit waar hy die talentvolle François Steyn in die span gaan aanwend nie. Dieselfde geld vir Ruan Pienaar wat as losskakel reeds met Australië se Stephen Larkham deur die voormalige Springbokafrigter, Jake White, vergelyk is.