praag.co.za

Tag: parlement

  • Skikking vir orde in parlement verder onderhandel

    Die verslag van die Parlement se Komitee oor Bevoegdhede en Voorregte wat strafmaatreëls teen 20 Parlementslede van die EFF aanbeveel, is amptelik deur die Nasionale Vergadering opgeskort.

    Dit volg na bykans sewe uur se onderhandelinge tussen die opposisiepartye en die ANC.

    Die ANC het vroeër weer die kwessie op die ordelys geplaas.

    Die ANC het dié stap geneem nadat adjunkpresident Cyril Ramaphosa Dinsdag se ooreenkoms met die opposisie ná ‘n DA-mosie teen die President gekanselleer het.

    Ramaphosa het die opposisie dié week verkwalik dat hulle ‘n skikking tussen verskillende partye verbreek het.

     

    Een van die kwessies waaroor ooreengekom is, was om die verslag van die komitee op te skort totdat verdere gesprekke daaroor plaasgevind het.

    Die ANC se hoofsweep, Stone Sizani, het die raad na die hervatting van sy werksaamhede intussen ingelig dat die verslag opgeskort sal word en dat die ooreenkoms met Ramaphosa en die opposisiepartye aanstaande week voortgesit sal word.

  • Ramaphosa berispe DA oor parlementêre wanorde

    Adjunk-President Cyril Ramaphosa sê die DA se besluit om met die mosie teen president Jacob Zuma voort te gaan, het die veelparty-ooreenkoms wat bereik is, geknou.

    Hy sê die DA-besluit druis in teen die ooreenkoms wat Dinsdag met partyleiers bereik is.

    Ramaphosa sê al die partye het ingestem om ‘n politieke oplossing vir die onuithoudbare toestand in die parlement te probeer vind.

    Volgens hom druis die DA se mosie in teen die gees van die ooreenkoms.

    Die parlement het intussen die DA se mosie om Zuma te berispe, verwerp.

    Die DA-leier Mmusi Maimane, het die mosie ingedien omdat Zuma vrae in die Nasionale Vergadering skriftelik wou beantwoord.

    Die mosie is met 217 stemme teen 78 verslaan met vier LP’s wat buite stemming gebly het.

    Die ANC het talle onnodige mosies ingedien en die debat oor die DA-mosie met bykans vier uur vertraag.

    Maimane het gesê die geloofwaardigheid van die Nasionale Vergadering kan net herstel word as Zuma die reëls van die Vergadering aanvaar.

    Hy het gevra dat ‘n spesiale sitting van die parlement oorweeg moet word as Zuma bereid is om vrae te beantwoord.

     

  • Middelvinger vervang parlementêre debat

    Lechesa Tsenoli, adjunkspeaker van die Nasionale Vergadering, moes parlementslede Woensdag weer waarsku om hul van handgebare te weerhou.

    ‘n Ongewilde mosie is Woensdag ingedien waarteen talle ANC-lede handgebare gemaak het.

    Lindiwe Sisulu, minister van huisvesting, glo haar middelvinger gewys.

    In September het Floyd Shivambu, EFF-LP, vir adjunkpresident Cyril Ramaphosa die middelvinger gewys het.

    Sisulu is deur opposisielede versoek om dit terug te trek. Sy het erken dat sy die middelvinger gewys het. “Ek het gesien hulle gebruik die middelvinger. Ek volg hulle net na,” het Sisulu egter gesê.

    Volgens Tsenoli het hy nie gesien dat Sisulu die middelvinger gebruik het nie. Hy het parlementslede gewaarsku om hulle van handgebare te weerhou.

  • Adjunkminister sê polisie in parlement wettig

    Die adjunkminister van Justisie, John Jeffrey, het klagtes uit die opposisiegeledere oor die polisie se betreding van die parlement van die hand gewys.

    Die Speaker het die polisie vroeër versoek om parlementslede van die EFF uit die Nasionale Vergadering te verwyder, nadat hulle die vergadering probeer ontwrig het.

    Lede van die EFF sowel as die DA het daarna handgemeen geraak met die polisie.

    Jeffrey sê die wet maak daarvoor voorsiening daarvoor dat voorsittende beamptes lede in sekere gevalle uit die Raadsaal mag verwyder.

    Die meeste lede van die uitvoerende gesag het gesê hulle gaan uit respek vir die vredes-ooreenkoms tussen adjunkpresident Cyril Ramaphosa, en politieke partye oor die gedrag in die Raad, nie reageer nie.

    Jeffrey sê klagtes oor die polisie se teenwoordigheid is onnodig.

    Hy het gesê wetgewing bepaal dat die voorsittende beamptes geregsdienaars mag ontbied indien nodig.

  • Parlementslede slaan mekaar oor lukratiewe kontrakte

    Die Nasionale Vergadering het die verslag van die ad hoc komitee oor Nkandla aanvaar, maar sluimerende jaloesie oor geld wou net nie bedaar nie.

    Die verslag het president Jacob Zuma van enige blaam onthef nadat hy voorheen aanspreeklik gehou is vir die multi-miljoenrandse opgraderings by sy privaatwoning.

    In die stemming wat gehou is, het 201 parlementslede dit aanvaar, 103 het dit verwerp en niemand het buite stemming gebly nie.

    Opposisiepartye het egter ‘n minderheidsverslag ter tafel gelê wat eis dat Zuma uit sy amp verwyder word, nadat hulle die voorheen uit die komitee gestap het.

    ‘n Georkestreerde vertragingstaktiek deur die gesamentlike opposisie het vroeër Donderdag vir chaos in die parlement gesorg.

    Opposisie-lede van verskeie partye het daarin geslaag om die Nkandla-debat met meer as drie ure te vertraag, deur ‘n rekord aantal kennisgewings van mosies in te dien.

    Die Nasionale Vergadering is later weer ontwrig en moes verdaag word toe chaos opnuut uitgebreek het. Dit het kort voor elfuur gisteraand gebeur

    Die EFF-parlementslid, Reneilwe Mashabela moes uit die Nasionale Vergadering verwyder word nadat sy geweier het die podium te verlaat. Sy het Zuma herhaaldelik ‘n dief genoem.

    Die DA en EFF se humeure en klaarblyklike jaloesie het opgevlam oor lukratiewe kontrakte rakende ‘n verdrag tussen Suid-Afrika en die Demokratiese Republiek van die Kongo oor die Grand Inga hidro-ëlektrisiteitsprojek.

    Volgens Mashabela het Khulubushe Zuma, president Zuma se neef, ‘n aandeel daarin.

  • Nog kaskenades in die parlement

    ‘n Vuisslanery het in die parlement uitgebreek toe lede van die polisie se openbare-orde-eenheid het Donderdagaand in die Nasionale Vergadering ingestorm het en lede begin rondstamp het.

    Die kefferkaskenades het gevolg nadat Ngwanamakwetle Mashabela, LP van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), geweier het om die podium te verlaat. Mashabela het tydens ʼn debat na president Jacob Zuma verwys as ʼn dief en het geweier om dit terug te trek.

    Mashabela het geweier om die podium te verlaat selfs toe daar gepoog is om haar te verwyder. Polisielede was kort hierna in die Nasionale Vergadering en het hulle probeer om Mashabela van die podium te verwyder.

    Opposisiepartye, waaronder veral die DA, het tot Mashabela se verdediging gekom. Die vuiste het begin klap nadat polisielede met DA- en EFF-lede slaags geraak het.

    Lede van die parlement se beskermingsdienste het die polisiebeamptes geskel en aan hulle gesê dat hulle nie jurisdiksie het oor die Nasionale Vergadering nie. Dit is nie duidelik wie die polisiebeamptes opdrag gegee het om op te tree nie.

    John Steenhuisen, die DA se hoofsweep het gesê vier DA-lede, waaronder twee vroue, is deur die polisie aangerand. Hy het gesê die parlementslede sal aanklagte van aanranding teen die polisiebeamptes aanhangig maak. “Ek dink dit is die laagste punt in die post-demokratiese geskiedenis van die land. Ons het ʼn krisis bereik.”

    Dit is vreemd dat die DA sulke bedenkinge koester aangesien die partyleier, Hele Zille, nie uitgepraat kan raak oor haar eie bydrae tot die “struggle” om juis hierdie uitkoms te skep nie.

    Die EFF het intussen gesê dat sy leierskap ʼn vergadering sal hou oor die pad vorentoe maar dat hulle ook aanklagte van aanranding teen die polisiebeamptes aanhangig gaan maak.

    Chaos het reeds vroeg Donderdagmiddag in die parlement uitgebreek. Speaker Baleka Mbete wou veranderinge aan die tydsduur van die NV-sitting se program maak en dit het tot openlike verset deur opposisiepartye gelei.

     

  • DA kla oor EFF se swaar straf

    Die Parlement se Komitee oor Bevoegdhede en Voorregte het die verslag aanvaar wat strafmaatreëls aanbeveel teen 20 EFF-parlementslede.

    Die DA maak egter beswaar teen die verslag én die strafmaatreëls.

    DA-lid van die komitee, Annelie Lotriet, sê die rede waarom die DA die aanvaarding van die verslag en die strafmaatreëls teenstaan, is omdat daar soveel gebreke in die hele proses was.

    Sy meen die strawwe teen die EFF is te swaar.

    Die LP’s van die EFF is skuldig bevind aan minagting van die parlement nadat hulle president Jacob Zuma se mondelinge antwoordsessie in die Parlement meer as twee maande gelede ontwrig het.

    Sy sê geregtigheid ontbreek en die DA is van mening dat dit baie onregverdig is om so ‘n swaar straf op te lê waar die hele komitee en die prosedures problematies was.

    Die komitee het die verslag oorweeg met al die bevindinge en aanbevelings wat by die Nasionale Vergadering ingedien moet word.

    Die komitee het strafmaatreëls aanbeveel insluitende skorsing vir 30 dae sonder salaris.

    Die voorsitter van die komitee, Lemias Mashile, sê hulle het sekere wysigings aan die verslag aangebring wat nou by die parlement ingedien sal word.

     

  • EFF skuldig aan wangedrag

    Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) se 20 LP’s, insluitend partyleier Julius Malema, is skuldig bevind aan wangedrag.

    Dié aanklagte is teen hulle aanhangig gemaak nadat hulle president Jacob Zuma verhoed het om sy spreukbeurt te benut.

    Floyd Shivambu, EFF-hoofsweep, en sy kollega Mpho Ramakatsa is albei op sewe aanklagte skuldig bevind terwyl Malema en Mbuyiseni Ndlozi, woordvoerder van die party, op vier aanklagte elk skuldig bevind is.

    Die res van die LP’s wat saam “betaal terug die geld” gedreunsing het, is skuldig bevind op tussen een en ses aanklagte, het Lemias Mashile, voorsitter van die parlement se komitee oor regte en voorregte, gesê.

    “Uiteindelik het die komitee tot die gevolgtrekking gekom dat die aanklagte waarop die 20 lede van die Nasionale Vergadering tereg gestaan het, bewys is en dat hulle skuldig is aan die aanklagte,” het Mashile aan verslaggewers gesê.

    Die aanklagte was onder meer dat LP’s geweier het om gehoor te gee aan ‘n bevel deur die Speaker om te sit en dat hulle ingemeng het met die funksies van die wetgewer.

    Mashile het gesê die EFF se LP’s sal Vrydag die geleentheid kry om redes ter versagting aan te voer.

    Volgens die parlementêre reëls kan die LP’s vir 14 werksdae geskors word. Geen strawwe is egter nog geformuleer nie

  • Nuwe wangedragklag teen EFF-hoofsweep

    Die hoofsweep van die EFF, Floyd Shivhambu, staar ‘n nuwe klag van wangedrag in die gesig.

    Die klagte is na die parlementêre bevoegdhede en voorregte-komitee verwys.

    Die speaker van die parlement, Baleka Mbete het die klagte na die komitee verwys nadat Shivhambu ‘n vuil vingerteken gegee het.

    Shivhambu het sy middelvinger vir adjunk-president Cyril Ramaphosa op 17 Setember gewys toe dié vrae in die parlement beantwoord het.

    Hy het ook tydens die geleentheid vir Ramaphosa as ‘n moordenaar uitgeskel.

    Die komitee sê die klagte sal gevoeg word by die een waarop hy en 19 ander lede teregstaan nadat hulle ‘n ‘n antwoordsessie van president Zuma ontwrig het.

  • Humeure vlam na wangedrag-bevindinge teen EFF

    Humeure het opgevlam en stemme het opgegaan Dinsdag met die EFF se dissiplinêre verhoor, toe die party se 20 LP’s se wangedrag tydens die chaotiese Nasionale Vergadering se sitting in Augustus bespreek is.

    Twee EFF-perlementslede het uitgestap uit protes nog voor die slotbetoë van die Bevoegdhede- en Voorregtekomitee gehoor is.

    Die bruin advokaat, Randal van Voore, het bevind dat sommige van die 20 EFF-lede hulle in die Nasionale Vergadering tydens President Zuma se antwoordsessie aan growwe wangedrag skuldig gemaak het.

    Van Voore is aangestel as die getuienisleier in die Parlement se wangedragverhoor teen die EFF-parlementslede.

    Hy het sy verslag van meer as 170 bladsye voltooi en sy betooghoofde uitgestippel nadat vyf getuies in die verhoor getuig het.

    Van Voore het gesê daar kan min twyfel wees dat die agbare lede presie geweet het wat van hulle verwag word en doelbewus en opsetlik geweier het om die Speaker se instruksies te ignoreer.

    Hy het gesê sy verslag is ‘n stel feite wat nie tot sommige lede sal spreek nie, maar feite bly feite al is hulle ongerieflik.

  • Ramaphosa lei Cosatu, Lesotho se krisissamesprekinge

    Cosatu se sentrale uitvoerende komitee sal na verwagting vandag samesprekings voortsit oor die toekoms van die metaalwerkersvakbond, Numsa het RSG berig.

    Die vakbond is vroeër gevra om te verduidelik waarom hy in die vakverbond moet aanbly. Die ANC se adjunkpresident, Cyril Ramaphosa sê intussen eenheid in Cosatu is noodsaaklik vir die drieparty-alliansie.

    Ramaphosa lei `n ANC-taakspan wat Cosatu probeer help om sy interne uitdagings te oorkom. Hy het op `n mediakonferensie in Kaapstad gesê dat 19 COSATU-vakbonde eenheid in die vakverbond wil sien.

    Ramaphosa sê al die vakbonde, insluitend NUMSA, moet in COSATU aanbly. Hy sê ook dat die dissplinêre proses teen Cosatu se hoofsekretaris, Zwelinzima Vavi regverdig hanteer moet word.

    Die ondersoek hou verband met Vavi se seksuele verhouding met `n junior werker op kantoor. Dit handel ook oor die aankoop van COSATU se nuwe kantore.

    Ramaphosa sal ook Donderdag terugkeer na Lesotho.

    Hy sal as voorsitter van die Suid-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se afvaardiging poog om die politieke impasse aan te spreek.

    Ramaphosa se woordvoerder, Ronnie Mamoepa sê hy sal voortgaan om samesprekings met die politieke rolspelers te voer.

    Die SAOG se fasiliteringproses het Koning Letsie die Derde oorreed om verlede week die parlement heropen.

    Die SAOG-span bestaan uit amptenare van Botswana, Namibië, Suid-Afrika en Zimbabwe. Amptenare van ander SAOG-lande sal na verwagting by hulle aansluit.

  • Zuma gekrenk deur Nkandla-aanvalle

    President Jacob Zuma het tydens ‘n informele middagetesessie met die media oor Nkandla gesê: “Dis die staat se plig om sy president en adjunkpresident te beskerm.”

    Die president is onder druk om uit sy eie sak vir die opknappings by sy privaatwoning te betaal nadat die Openbare Beskermer bevind het dat hy en sy familie onregmatig daardeur bevoordeel is

    Hy het gesê die spesiale ondersoekeenheid (SOE) het aangedui wie verantwoordelikheid moet aanvaar vir die aanbouings, maar die media ignoreer dit.

    Hy het aan Media24 gesê dit lyk asof die media meen Nkandla is nie veronderstel om ’n president op te lewer nie, terwyl George voordeel getrek het uit die feit dat PW Botha in die Wildernes gewoon het.

    Zuma het gesê die lughawe op George is nie weens ekonomiese oorwegings opgerig nie, maar omdat die voormalige staatshoof daar gewoon het.

    Zuma het tydens die netwerksessie gesê hy word vervolg weens sensasiesoekery en die opposisiepartye gebruik Nkandla om die ANC by te kom.

    Die Demokratiese Alliansie het vroeër ‘n beroep op President Zuma gedoen om die aanbod deur ‘n KwaZulu-Natalse sakeman om namens hom vir Nkandla te betaal, van die hand te wys.

    Philani Mavundla het glo reeds fondse insamel om ‘n gedeelte van die geld wat aan die president se privaatwoning op Nkandla bestee is, terug te betaal.

    Die DA sê hulle “verwerp” die derde party wat vir die skuld kan kan instaan.

    Luidens berigte sal die president vandeesweek weier om verdere vrae in die Parlement te beantwoord oor die kwessie.

    Volgens ‘n naweekkoerant het die ANC bevestig dat Zuma regstreekse vrae sal vermy as gevolg van sommige parlementslede wat dit as ‘n verskoning gebruik om chaos te saai.

    Die leier van die EFF, Julius Malema en ander EFF-lede is in Augustus gevra om die Nasionale Vergadering te verlaat nadat hulle die president getart het en die parlementêre kodes oortree het.

    Die ANC het bewerings ontken dat hy Zuma probeer beskerm en sê die artikel is misleidend.

    Die woordvoerder van die party, Zizi Kodwa het egter gesê hulle kan nie toelaat dat die president na die parlement gaan nie, wat aldus hom, in ‘n sirkus ontaard het.

    President Jacob Zuma het intussen die totstandkoming van ‘n presidensiële kommunikasie- en media-werkgroep aangekondig om skakeling tussen die regering en die media te bevorder.

    Die president het by die 37ste herdenking van “Swart Woensdag” in Pretoria gepraat.

    Verskeie koerante wat terreur teen Afrikaners ondersteun het, is op 19 Oktober 1977 verbied en buitelandse agente, waaronder joernaliste is op dié dag in hegtenis geneem.

    Zuma sê dit is deel van die regering se pogings om te verseker dat vryheid van spraak voorrang in die land geniet.

    Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum het die besluit verwelkom

    Die voorsitter van die forum, Mpumi Mkhabela sê dit sal ‘n platform aan die media gee om sy kommer uit te druk oor sekere kwessies, soos die Wet op Beskerming van Inligting.

  • Tugkomitee hoor getuienis oor EFF-chaos

    Die vyf lede wat wou ingryp om die chaos wat EFF-lede in die parlement veroorsaak het, is geroep om voor ‘n parlementêre Komitee oor Bevoegdhede en Voorregte te getuig.

    Die komitee sal vandag tugstappe voortsit teen 20 EFF-parlementslede. Dit sluit Julius Malema in.

    Ses getuies altesaam is geroep om Maandag voor die komitee te verskyn.

    Dit sluit die minister van Telekommunikasie, Siyabonga Cwele, die minister van Staatsveiligheid, David Mahlobo, die ANC se adjunk-hoofsweep, Doris Dlakude en die hoofsweep van die DA, John Steenhuisen.

    Vyf van die ses wat geroep is om te getuig, het glo gepoog om die chaos wat deur die EFF in die parlement in Augustus veroorsaak is, te ontlont.

    Die opposisiepartye in die komitee eis dat die betrokke getuies verduidelik waarom hulle ingegryp het.

  • Beleërde SAUK-voorsitter klou aan haar pos

    Die voorsitter van die SAUK-raad, Zandile Tshabalala sal na verwagting vandag voor die parlementêre portefeuljekomitee oor Kommunikasie verskyn oor die wanvoorstelling van haar kwalifikasies.

    Tshabalala het intussen gekla dat die portefeuljekomitee haar onregverdig behandel omdat die SAUK besprekings oor die kwessie uitsaai.

    Sy ’n brief aan die portefeuljekomitee se voorsitter, Joyce Moloi-Moropa, gekla oor haar behandeling.

    Die komitee het verlede maand eenparig besluit om Tshabalala te skors, hangende ‘n ondersoek. Sy eis egter dat die komitee haar ’n verhoor gee waarin sy redes kan voorlê waarom sy nie geskors moet word nie. Dit is van die hand gewys.

    Moloi-Moropa het Tshabalala daarop gewys dat sy al op 30 Julie ingelig is oor die klag teen haar, tot 12 Augustus gehad het om daarop te antwoord asook uitstel gegun is.

    Daar is twee klagte teen Tshabalala. Ten eerste omdat sy oor haar kwalifikasies gelieg het, en ten tweede omdat sy ’n vals beëdigde verklaring afgelê het.

    Luidens dié verklaring het sy gesê haar kwalifikasies was in ‘n sak wat weggeraak het.

    ‘n Regsverteenwoordiger van die Universiteit van Suid-Afrika sal ook voor die portefeuljekomitee verskyn.

    Die woordvoerder in die presidensie, Mac Maharaj het bevestig dat geen formele versoek tot dusver deur die parlement gerig is om Tshabalala af te dank nie.

    ‘n SAUK-voorsitter kan slegs deur die President, op aanbeveling van die Parlement aangestel of afgedank word.