Nog kaskenades in die parlement

‘n Vuisslanery het in die parlement uitgebreek toe lede van die polisie se openbare-orde-eenheid het Donderdagaand in die Nasionale Vergadering ingestorm het en lede begin rondstamp het.

Die kefferkaskenades het gevolg nadat Ngwanamakwetle Mashabela, LP van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), geweier het om die podium te verlaat. Mashabela het tydens ʼn debat na president Jacob Zuma verwys as ʼn dief en het geweier om dit terug te trek.

Mashabela het geweier om die podium te verlaat selfs toe daar gepoog is om haar te verwyder. Polisielede was kort hierna in die Nasionale Vergadering en het hulle probeer om Mashabela van die podium te verwyder.

Opposisiepartye, waaronder veral die DA, het tot Mashabela se verdediging gekom. Die vuiste het begin klap nadat polisielede met DA- en EFF-lede slaags geraak het.

Lede van die parlement se beskermingsdienste het die polisiebeamptes geskel en aan hulle gesê dat hulle nie jurisdiksie het oor die Nasionale Vergadering nie. Dit is nie duidelik wie die polisiebeamptes opdrag gegee het om op te tree nie.

John Steenhuisen, die DA se hoofsweep het gesê vier DA-lede, waaronder twee vroue, is deur die polisie aangerand. Hy het gesê die parlementslede sal aanklagte van aanranding teen die polisiebeamptes aanhangig maak. “Ek dink dit is die laagste punt in die post-demokratiese geskiedenis van die land. Ons het ʼn krisis bereik.”

Dit is vreemd dat die DA sulke bedenkinge koester aangesien die partyleier, Hele Zille, nie uitgepraat kan raak oor haar eie bydrae tot die “struggle” om juis hierdie uitkoms te skep nie.

Die EFF het intussen gesê dat sy leierskap ʼn vergadering sal hou oor die pad vorentoe maar dat hulle ook aanklagte van aanranding teen die polisiebeamptes aanhangig gaan maak.

Chaos het reeds vroeg Donderdagmiddag in die parlement uitgebreek. Speaker Baleka Mbete wou veranderinge aan die tydsduur van die NV-sitting se program maak en dit het tot openlike verset deur opposisiepartye gelei.

 

10 thoughts on “Nog kaskenades in die parlement”

  1. Moenie worrie nie, watch net.
    Anders gestel: Daar is tye dat ‘n fortuinverteller sy kristalbal stukkend kan gooi, sy pak kaarte in die wind strooi en verklaar: Hou op om van my ‘n saai toekoms te voorspel, maak oop julle oge en word wys.
    Ek was getuie van seker die grootste opskudding in die ou politieke bedeling toe ouens soos Pieter Groenewald (nou VF Plus), deur die Speaker die parlementêre deur gewys is. Dan staan ‘n eensame poliesman nader, net om seker te maak die parlementslid vat sy tas en verlaat die parlementêre perseel vir die dag, poliesman en parlementslid ewe inskiklik.
    Op ‘n dag sê ‘n KP-Volksraadslid ‘n NP-LV (FW?) is ‘n verraaier. En hy ontvang die deur van die Speaker. Groot is die afwagting toe dr. AndriesTreurnicht, die Leier van die destydse amptelike opposisie, opstaan, die vraag op almal se lippe, gaan hy sy makker se dapper standpunt en stap gestand doen en ook die NP (FW?) van verraad beskuldig?
    En dr. Treurnicht praat, weet klaarblyklik van die oorgehaalde spanning en bou sy toespraak op na dienooreenkomstige verwagte lont om aan die brand te steek ten einde die vaatjie kruit te laat ontplof. En dr. Treurnicht verklaar (kom ons veronderstel die KP-makker was Klaas): “Klaas sê dis verraad en ek sê dit ook!”
    Was daardie Speaker nie teleurgesteld dat hy die leier van die amptelike oppossie nie uit sy raadsaal kon stuur nie!
    (As ek reg onthou was dit Pieter Groenewald en SP Barnard (Lanlaagte) wat op een dag die deur van die “nuwe” raadsaal van die parlement gewys is.)

  2. Laas toe daar ‘n vuisgeveg in ‘n Suid-Afrikaanse parlement was, was toe minister Frank Waring vir Dimitri Tsafendas bygedam het. Vandag baklei hulle nie oor lewe en dood nie, maar oor wie die president die slegste kan laat lyk, sodat hulle in hul volgende klug-verkiesing dalk nog ‘n paar duisend stemme kan kry. Ek sien die DA is nou ook barbaars.

          1. Dan kan ons maar van ‘n toekoms in die land vergeet. Ons tyd loop uit om ‘n tipe van ‘n greep op die land te kry.

Maak 'n opvolg-bydrae