praag.co.za

Roodt daag Afriforum uit om hom Gelykheidshof toe te sleep

Written by

in

,

PRAAG is onthuts deur die steun van Afriforum aan ‘n kwaadwillige veldtog wat tans op sosiale en ander media teen dr. Dan Roodt van PRAAG gevoer word. Dié veldtog het begin toe PRAAG vir Steve Hofmeyr bygestaan het om die buikspreker Conrad Koch se teistering van Steve Hofmeyr deur middel van ‘n beskermingsbevel tot stilstand te bring.

Midde-in die veldtog staan ‘n oneerlike en lasterlike program wat deur die New Yorkse Daily Show vier jaar gelede ná ‘n onderhoud met Roodt uitgesaai is en waarin hy op stereotipe wyse as “‘n Afrikaanse en Suid-Afrikaanse rassis” uitgebeeld word. Die Daily Show is ‘n berugte links-liberale program wat sy bes doen om Westerse waardes en kultuur af te kraak ten gunste van ‘n dekadente multikulturalisme en anti-wit rassisme.

Roodt beklemtoon dat, hoewel hy nie die huidige oorheersing van Afrikaners deur ander groepe in die land steun nie, hy hom neerlê by die grondwet, asook tersaaklike wetgewing wat alle vorme van rassisme in Suid-Afrika verbied.

Aangesien Kallie Kriel van Afriforum Roodt se verwysings na IK-toetse met Malema se volksmoordliedjies vergelyk, daag hy Afriforum uit om ‘n klag by die Gelykheidshof teen hom aanhangig te maak.

“Ek is bereid om elke stelling wat ek nog ooit gemaak het, met vers en kapittel in ‘n ope hof te bewys. Insgelyks verwerp ek Kriel se laakbare tipering van my as ‘rassis’. As Kriel ‘n man is, sal hy my nou soos Malema voor die Gelykheidshof sleep dat ons kan vasstel of ek enigiets rassisties gesê of gedoen het,” sê Roodt.

Roodt het verder ‘n beroep op alle Afrikaners gedoen om saam te staan en “die pogings te verwerp om nogmaals deur goedkoop propaganda en uitskeltegnieke ons legitieme aansprake op ons taal, kultuur en voortbestaan in Suid-Afrika te neutraliseer. Die Nasionale Party is deur aantygings dat sy tuislandbeleid ‘n vorm van nazisme verteenwoordig op sy knieë gebring. Het ons sedertdien geen lesse geleer oor die hoon en verguising wat ons vyande gebruik om ons stelselmatig te plunder en stadig maar seker uit die land te verdryf nie?” vra Roodt.

Dr. Dan Roodt het ook sy Engelse Kindle-boek Raiders of the lost Empire wat oor Suid-Afrika se gedwonge Engelse identiteit gaan, van môre tot Saterdagaand gratis op amazon.com beskikbaar gestel. “Mense moet veral kennis neem van hoe ek die polities korrekte Engelssprekendes in ons land sien,” meen Roodt.

Comments

26 responses to “Roodt daag Afriforum uit om hom Gelykheidshof toe te sleep”

  1. Kaylee van Yken Avatar
    Kaylee van Yken

    Wag in spanning om te sien of Kallie Kriel murg in sy pype het om die uitdaging te aanvaar en oor te gaan in aksie.

    1. Kaylee van Yken Avatar
      Kaylee van Yken

      Dis hier, en nou waar die kaf en die koring van mekaar geskei gaan word.

      1. Schalk Avatar
        Schalk

        Aanval bly maar die beste manier van aanval. Laat sulke wilde aantygings vir eens vir altyd gestaak word. Kyk net hoe hol Koch en Kok en sy pop en sy maat na daardie geteister van ons gewoonlik baie hoflike en steeds hoflike mense, nou weet hulle die hof in Hofmeyr staan nie net vir hof maak nie.

        1. Johan Avatar
          Johan

          As Kriel ons so afkraak, kan hy asb aantoon wie van Praag al ooit in ‘n geregshof skuldig bevind was van onhoflike gedrag of kriminele handeling teen swartes of anderskleuriges.
          Ek meen dat ons ordentlikheid (hoflikheid onder andere) deur baie as swakheid gesien word. Ons vrek mos van ordentlikheid.

          1. Schalk Avatar
            Schalk

            Hoop net dr. Roodt, en ook Steve Hofmeyr, hou hulle en hul gesinne se persoonlike veiligheid deur dit alles in gedagte. Ek hou nie van die “profiele” wat onder meer deur die volgehoue “negatiewe” nuusmedia-aandag besig is om pos te vat nie. Ek glo as AfriForum en Solidariteit ‘n slag gaan sit en dink oor hierdie goed en oor “lone nuts” en “sondebokke” (“patsies”) en sulke orkestrasies (waarin die “openbare gesprek” wat op ‘n sekere wyse gestuur word, ook ‘n rol speel), sal hulle twee keer dink. Het niks teen taamlik robuuste politieke meningsuiting, satire en al die goed nie. Maar as jou, of jou pop, se satire buite die teater en weg van die gehoor met n geboikottery en veldtogte gesteun moet word, dan moet ‘n verantwoordelike mens so gou as moontlik ‘n draai by die slangpark gaan maak om te sien of een of ander gek nie al die hokke oopgemaak het nie. En dan is dit vanselfsprekend nie meer satire nie.

    2. Riempies Avatar
      Riempies

      Met daardie twee Kiewiet beentjies – die man gaan sukkel hie hie hie.

  2. Johan Avatar
    Johan

    Ek het Raiders of the Lost Empire aangekoop by amazon.com. Beveel dit aan!

  3. Albert Brenner Avatar
    Albert Brenner

    Hehe…. looi hulle Dok!

    LOOI HULLE!

  4. Riempies Avatar
    Riempies

    Ja maar jy moet onthou ons regse plebs hier op grondvlak is nog nie so goed opgelei in die kriminele aktiwiteite nie soos ons mede landsgenote en hulle vorige NP regering (wat ons eintlik in ons onnoselheid gedink het ons regering was). Gee kans ons sal nog bykom.

  5. Rutger Avatar
    Rutger

    Hoe kon dr Roodt geweet het die Daily Show sou so kwaadwillig wees? Hulle het hom duidelik bedrieg oor die doel van die program. Hoe kan dit dom wees?

  6. Rooikop Avatar
    Rooikop

    Hoeveel sogenaamde “Afrikaner organisasies” gaan hulle NOG stig om die Afrikaner te mislei? Hoeveel kere gaan die gespuis weer beheer oorneem? Ons “leiers” (eerder die wat hulle so voordoen) het “verleiers” geword. Hierdie mense probeer heeltyd hulle “hoofstroom” denke in ons kele af forseer – hoeveel kere gaan ons mense nog daarvoor val? Daar is baie mense wat goedgelowig dink Af-forum dra hulle sake op die hande (selfs my eie ouers het vir hierdie geval tot ek hulle uitgewys het wat aan die gang is – hulle bydraes ook summier gestop).

    Die rede hoekom hulle so teen PRAAG en Dr Roodt uitvaar is omdat hulle bang is die waarheid kom uit want sou die waarheid uitkom sal hulle ook vir kaal keisers aangesien word en hulle inkomste verloor. Ek sien hulle ook as NOG britse agente – (jy moet mos ‘n Afrikaner heeltyd laat slegvoel – sy gewete teister soos sy Calvinistiese geloof ook doen – hulle val mos so maklik daarvoor, dan gee hulle sommer weer geld met oorgawe) NOG dienaars van rhodes – die nar wat hierdie een wêreld idee hier begin implimenteer het.

    Bloot die feit dat ONS mense nou weer geteiken word is omdat daar ‘n senuwee raak gedruk is. Dit beteken vir my ons is om die regte pad.

  7. FR2P Avatar
    FR2P

    Pure nonsense. What kind of a person would promote duplicitousness publicly? Oh yes, Fatso’s friend

  8. Rebel Avatar
    Rebel

    Burgerregte organisasies soos AfriForum het net bestaansreg vir solank as wat daar teen Afrikaners gediskrimineer word. Hulle sal dus nooit die Afrikaner se strewe na selfbeskikking ondersteun nie, want dan kom hul eie posisie in die gedrang. Ek oorweeg dit dus om my lidmaatskap op te skort.

    Dan Roodt baklei al sedert die ontstaan van die Groep van 63 vir Afrikanerregte, en ek vind hierdie onsensitiewe optrede van AfriForum absoluut laakbaar.

  9. Dolk Avatar
    Dolk

    Skoor en Vlei is broers… Dis Vlei, die skoonmoeder beide – wat die skille van hulle inmaak – wie ieder, soms, minder weinig as soms, as ‘n “sondaar” laat…

  10. Rutger Avatar
    Rutger

    Dit was nie vyf jaar gelede ‘n “bekende nuusprogram” nie en daar was niks van hulle op die net toe nie. Kyk self.

  11. G Avatar
    G

    Onsin! Hoe kan iemand anders se sluheid en agterbaksheid jou fout wees? Verstaan jy ooit wat jy kwytraak?

  12. Guest Avatar
    Guest

    Have these cretins from Afriforum nothing better to do than to attack other Afrikaners? I think the Afrikaners are doomed, really. If Kriel is this stupid it bodes ill for whites.

    1. FR2P Avatar
      FR2P

      Kriel and his boss Buys admire FW. They ARE this stupid. I’m afraid the ones with two brain cells have already packed for Perth

  13. Rutger Avatar
    Rutger

    Ja presies, dit was nie ‘n “bekende nuusprogram” nie. Klink of jy baie bang is hulle word gedagvaar vir hulle leuns

  14. G Avatar
    G

    Kranksinnige gedagte dat iemand wat nie tussen die oortreder en die slagoffer kan onderskei nie, simpatiek is

    1. FR2P Avatar
      FR2P

      Jason’s really worried about the libel suit. He thought he’d be home and dry

  15. Guest Avatar
    Guest

    How did you know they were going to edit the interview in a malicious way? Clearly they must have alerted you that they were going to try and harm dr Roodt. Otherwise your comments make no sense. I hope PRAAG gets your details from Disqus. You could turn out to be an interesting witness.

    1. FR2P Avatar
      FR2P

      That’s what I thought too. “Jason” has demonstrated

      incontestable foreknowledge

  16. Arnieann Avatar
    Arnieann

    Die Liberales het so deeglik in hulle “Anti-rassisme” veldtog geslaag, dat dit nou wil voorkom asof die “Regses” aanspraak wil maak op die toepassing daarvan.
    Is julle besig om van julle helsemse koppe af te raak???
    Van wanneer af is dit onwettig om ‘n rassis te wees? Niemand kan verklaar presies wat ‘n rassis is nie.
    Daar word net eenvoudig elke dag meer en meer uitlatings en woorde geklassifiseer dat dit kwansuis rassisme is.
    Ek IS ‘n Rassis, en hoe meer mense hierdie standpunt begin inneem, hoe gouer gaan hierdie Heksejag end kry.
    Ek stel voor dat iemand die moed moet bymekaar skraap, en dit reguit verkondig waarom dit natuurlik is, en ook ‘n reg is, om rassisties te wees.
    Daar is duisende goeie redes vir enige persoon om rassisme toe te pas waar dit van toepassing is.

  17. FR2P Avatar
    FR2P

    It would leave the scheming, stupid manipulators red-faced, certainly not Roodt. The embarrassment would thus be for the Daily Show and Afroforum if Roodt turns to litigation. Perhaps you know this too well.

  18. FR2P Avatar
    FR2P

    So litigation is a “frivolous action”, but lying and criminal behaviour is not? Thanks for the clarification, as if we needed it

Leave a Reply